Newcastle AdvertiserNewsSchools

Volkies se De Jagers presteer weer eens

Volkies is geweldig trots op hierdie twee leerders en wens hulle alles sterkte toe met die komende naweek se wedrenne.

Volkies se De Jagers presteer weer eens:

Danel de Jager en Francois de Jager, graad 8 en graad 10 onderskeidelik, het verlede naweek deelgeneem aan die eerste rondte van die SA Kampioenskappe vir fietsry, die XCO beker vir cross country mountain biking.

Die terreine is geweldig rof en die bane is natuurlik op Suid-Afrikaanse standaard.

Danel de Jager.

Daar is vier rondtes vir die jaar.

Die afgelope naweek was die Parys baan, dan kom Stellenbosch, Gauteng en dan die finaal in Bloemfontein.

Hierdie twee Volkies moet ten minste 2 van die bane doen en dan die finaal in Bloemfontein om SA’s te kan wen.

Die posisie waarin hierdie leerders wegspring word voortaan bepaal op grond van hoeveelste hulle geëindig het die vorige keer.

Francois het 28ste weggespring en die ander leerders ingery om volgende keer 5de weg te spring!

Danel het haarself in die 2de plek ingery vir die komende naweek!

“Volkies is geweldig trots op hierdie twee leerders en wens hulle alles sterkte toe met die komende naweek se wedrenne.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Related Articles

Back to top button