Pionier se eerste-dogtershokkiespan het Saterdag, 26 Februarie, aan die Spar NKZN-hokkietoernooi te Newcastle deelgeneem. Die pad na die finaal was redelik uitdagend, met opponente soos Hoërskool Sarel Cilliers (2-0), Hoërskool Dundee (0-0), Hoërskool Vryheid (5-0) en St Dominics High School (2-0) in die semi-finaal. Die finaal teen Hoërskool Ferrum het gelykop geëindig- 0 elk. Die wenner moes deur strafdoele bepaal word en Pionier het as wenners geseëvier. Baie geluk, ons is baie trots op julle!
Puk-16 vs Piet Retief:
Die Puk 16-reeks het uiteindelik, na twee jaar, die afgelope naweek weer afgeskop en Pionier se eerste poelwedstryd was teen Hoërskool Piet Retief. Die uitslae is soos volg: Hokkie: O/15: 1-1, O/16: 3-1, tweedespan: 2-1, eerstespan: 3-1, eerste-seunsspan: 2-7, O/16-seunsspan: 1-6. Die O/14-span het nie die naweek gespeel nie, hulle bepaling het Dinsdag plaasgevind, uitslae sal volg. Netbal: O/14: 14-16, O/15: 14-13, O/16: 17-15, tweedespan: 14-23, eerstespan: 31-17. Rugby: O/14: 14-29, O/15: 5-49, O/16: 7-59, tweedespan: 0-40, eerstespan: 10-17. Baie sterkte aan al die spanne wat die naweek teen Ferrum speel.
VRL:
Baie geluk aan die volgende leerlinge wat tot die VRL verkies is. Sterkte met die jaar wat voorlê en al die verantwoordelikhede. Graad 8: Lodewyk van Rooyen, Richelle Rothmann, Gerber Diederickd, Lizaan Jansen, Nico Ngqulunga, Anje Erasmus, Michal Richter en Natasha du Toit. Graad 9: Carl Srtydom, Xiah Labuschagne, AJ Verster, Dané Potgieter, Jacques Richter, Zanné Schutte, Petri Botha en Cherize Combrinck. Graad 10: Ruben Lange, Tasmin Dippenaar, Dijan Labuschagne, Ziyanda Mbata, Samuel Steyn, Leané Coetzee, Robert Edwards en Lené Janse van Rensburg. Graad 11: Evan Angus, Lumé Naude, Stephan Theron, Bianca van Greuning, Rocco du Randt, Anika Dedekind, Gordon Peddie en Danika Odendaal. Graad 12: Henning Kriel, Pennyleigh Schönborn, Reynier van Rensburg, Leila Uys, Corné van der Linde en Lizé-Mari Pienaar.
ALSO READ: VRYHEID KZN: Pionier skitter met twee SA-skuts
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates