Local newsNewcastle AdvertiserNews

Volkies se NT oppad om internasionaal deel te neem

Hoërskool Volksrust is baie trots om vir NT as ’n Volkie te hê.

Volkies se NT oppad om internasionaal deel te neem:

Soos reeds berig het NT Moolman, graad 12 leerder aan Hoërskool Volksrust, onder die leiding van sy Wetenskap onderwyser, mnr. Hennie van Niekerk, deelgeneem aan die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes waar hy ʼn goue medalje op nasionale vlak verwerf het.

Volksrust Hoërskool se Marietjie Steyn het verduidelik dat NT het verder aan die einde van 2021 ingeskryf om deel te neem aan die SAYESS Aanlynse Internasionale Expo, wat aangebied word deur Tukkies Universiteit.

“Hier ontvang NT ook ’n goue medalje en word verkies om deel te neem aan ‘n Internasionale Expo wat in Barcelona, Spanje aangebied word.”

Die Expo uitdunne in Spanje sal gedurende Maart 2022 plaas vind.

“Die doel van NT se projek was om vas te stel of chemiese stowwe wat uit plante onttrek word, gebruik kan word om die bederf van groente en vrugte as gevolg van muf en bakterieë, te voorkom.”

Ongeveer 1.3 biljoen ton groente en vrugte word jaarliks vermors en meeste hiervan is as gevolg van muf en bakterieë.

“Tydens die projek het NT ses algemene plantspesies vir effektiwiteit as ʼn organiese en veilige swam- of bakteriedoder getoets.”

Elkeen van die ses plantspesies was effektief, wat dui daarop dat dit gebruik kan word om die raklewe van groente en vrugte organies te verleng.

“Baie geluk aan NT met dié mooi prestasie. Ons as Hoërskool Volksrust is baie trots om vir NT as ’n Volkie te hê.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button