GalleriesNewsSports galleriesVryheid Herald

VRYHEID KZN: Melissa ‘tem’ die ‘Sani Stagger’ met ‘n eerste plek

Die Sani Pass Marathon het op 20 November binne die Suidelike deel van die Maloti Drakensberg plaasgevind

Melissa Scheepers het uitstekend gevaar in die ‘Sani Pass Marathon’ toe sy vir haarself ‘n eerste plek op die podium losslaan. Die Sani Pass Marathon het op 20 November binne die Suidelike deel van die Maloti Drakensberg plaasgevind. Die 42.2km is ‘n ‘out and back’ wedloop waar die atlete 21.1km van Sani Premier Resort in Suid-Afrika tot by die Lesotho Grenspos hardloop, en 21.1km terug tot by die Premier Resort.

Melissa vertel die Vryheid Herald in haar eie woorde van haar ervaring:

“‘n Week van worstel en wonder oor watter tekkies (trail of pad) en wat om aan te trek en om te kies tussen drie verskillende hardloop-broeke van baie kort, capri en vol lengte want die weer voorspelling was tussen son, mis, koud en reën. Maar toe breek Saterdagoggend aan; deur die aand het dit baie gereën en ek het natuurlik niks geslaap nie want tussen ‘gestrapte’ voete wat my pla en ek steeds wonder watter tekkies – kon ek niks slaap nie. Om 05:00 gaan my alarm af. Ek spring op en kyk dadelik die weer. Dit is lekker toegetrek en koud. So die keuse was toe capri-broek en my pad tekkies want my voete smeek vir gemak. Met die wete dat dit gereën het die vorige aand het ek steeds weggedraai van die Trail Tekkies..

Vanaf die Resort was dit koel maar 5km in het ek al my baadjie uitgetrek, dit was tot by die Suid-Afrikaanse Grenspos teerpad en mooi grondpad maar na die Grenspos het die klim begin met los klippe, modder en los gruisklippe. Jy kon soms net nie hardloop nie, die opdraende het dit glad nie toegelaat nie, met ’n ‘elevation gain’ van 1418m – hoe dan anders?

Ek was heeltyd van die begin af vierde en was inelkgeval net daar om klaar te maak. Die dames voor my se pas was sterk van die begin af, maar ek het vas gehou. Al die waterpunte was super skoon en baie goed beman met die vriendelikste kinders en mense. Dit het my nogal ‘n knop in die keel gegee.

Die dames het op 19km weer in my sig gekom; ek het bo gekom by Lesotho Grenspos waar die 21.1km hardlopers net afgesien was om 08:35. Dit het so lekker gevoel om weer mense te sien en hulle het my so geaangehits. Ek het Vryheid Athletic Club dames wat die 21.1km aangepak het gesien en daar was drukkies en trane en dit was ‘touch and go’.

Daarbo was dit yskoud, misreën en moeilik om die draaipunt te sien want dit was toe van die mis. Ek’t maar die musiek gevolg. Daar het hulle ons so bederf met die lekkerste lekkernye op die watertafel.

Ek het toe omgedraai en begin afhardloop op modder, groot los klippe en met groot konsentrasie en my voete wat skaars die vloer raak. Ek moes ook keer om nie van die berg af te val of enkels te swik wanneer ek verby die 21.1km gaan nie, maar my spoed was soos beplan. Ek was toe derde op 21km ‘to go’. Op die 9km ‘to go’ het ek die superfikse tweede dame verbygegaan. Op die 2km ‘to go’ het ek die eerste dame verbygegaan. Maar kyk toe ek die einde sien was ek verlig want vir my het die laaste 2km soos ‘n battlefield gevoel.

Dit was mentally en physically tough. Die aand het ons ‘n ‘Banquet aandete’ gehad waar hulle vir ons die fotos van die 21.1km, 42.2km asook die Trail gewys het.”

Baie geluk, Melissa; Vryheid is trots op jou!

ALSO READ: VRYHEID KZN: Local runners run for a cause

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button