VRYHEID KZN: Pionier skitter met twee SA-skuts

Anika Smit het gedurende die Oktober-vakansie KZN by die nasionale interprovinsiale kampioenskappe vir vrouens, in Kaapstad te Rondebosch Gholfklub, verteenwoordig

Hoërskool Pionier is baie trots op Karl Fourie en Anika Dedekind wat KZN-skyfskiet by SANSSU se SA-kompetisie verteenwoordig het en hul SA-kleure verwerf het. Karl is die eerste KZN-skut, wat die nuwe KLUB 500-toekenning met ‘n puntetelling van 500 plus in die Veerklas verwerf het.

By die afgelope 2021-SA’s ontvang Karl ook die volgende toekennings:

· SA-kleure (goud);

· Lid van die wenprovinsie o/16-Veerklasspan: goue medalje;

· Lid van die gekombineerde o/16- en o/21-Veerklaswenspan: goue medalje;

· Individueel o/16 2x3P plus 10m-staan: silwer medalje;

· Veerklas o/16-individueel 10m-staan: silwer medalje;

· Veerklas o/16-individueel 2x3P: brons medalje.

Anika ontvang die volgende:

· SA-kleure (brons);

· Lid van die wenprovinsie o/16-Veerklasspan: goue medalje;

· Lid van die gekombineerde o/16- en o/21-Veerklaswenspan: goue medalje;

Caitlin Labuschagne het ook KZN by die SA-kompetisie verteenwoordig en behaal ‘n goue medalje vir die algehele wenprovinsie in o/16- en o/21-Veerklas en ‘n bronsmedalje vir die o/21 KZN- Veerklasspan. Michal Richter het nasionaal 13’e in die o/14-Sporterklas geëindig en het die potensiaal om nog groter hoogtes te bereik.

Na ‘n moeilike jaar het Pionier se skuts ons met uitnemende prestasies verras.

Dogterskrieket:

Baie geluk aan die volgende dogters wat die onderskeie proefspanne vir die Amajuba-Zululanddistrik gehaal het: o/19: Chezaan van Resnsburg en Andrea Sander. o/16: Zelma Böhmer en Ziah Labuschagne. Ons is trots op julle!

KZN-netbal:

Baie geluk aan die volgende dogters wat die onderskeie KZN-netbalspanne gehaal het:

o/14: Zelma Böhmer. o/15: Janika Ferreira. o/16: Thyla Mostert, Ilani Lathleiff en Melé Erlank as nie-reisende reserwe. Pionier is trots op julle!

KZN-gholf:

Anika Smit het gedurende die Oktober-vakansie KZN by die nasionale interprovinsiale kampioenskappe vir vrouens, in Kaapstad te Rondebosch Gholfklub, verteenwoordig. Sy het nommer 1 vir die KZN-span gespeel en het al haar wedstryde gewen. KZN eindig algeheel vyfde uit 16 spanne en tweede in hul afdeling. Wel gedaan, Anika!

ALSO READ: VRYHEID KZN: Pionier-skuts, in die kol

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

 

Exit mobile version