NEWCASTLE KZN: Hoërskool Volksrust verwelkom me. Ané Hamman

Die gesin het in Desember 2018 na New Zealand verhuis, maar die verlange na Suid-Afrika het hulle laat terugkeer.

Volkies het onlangs vir me. Ané Hamman in ons midde verwelkom. Me. Hamman het in 2005 aan die Potchefstroomse Volkskool matrikuleer, waar sy ʼn ander dorp se ‘volkie’ was.

Sy het uitstekend op sport- en kultuurgebied presteer, deur onder andere aan revue en ballet deel ge neem, wat sy selfs volhou tot in haar derde jaar op universiteit.

As ‘n Suid-Afrikaanse atleet het sy haar merk gemaak met 800-meter en 400m waar sy in matriek reeds as kampioen aangewys was. As landloopatleet het sy ook 7 jaar lank nasionaal deelgeneem.

Daarna het sy by die Universiteit van die Vrystaat gestudeer vir die graad B.Com Regte. Intussen het sy ook opleiding gekry as beleggingsadviseur en het ‘n Arbeidswet Diploma deur Unisa voltooi.

Na haar studies het sy die arbeidsmark betree en het as kontrakteur konsultant, spesialis, bestuurder en direkteur gewerk by verskeie groot maatskappye.

Me. Hamman is getroud met Volksrust se eie Francois Hamman en het twee seuns. Die gesin het in Desember 2018 na New Zealand verhuis, maar die verlange na Suid-Afrika het hulle laat terugkeer.

“Ons sien uit daarna om hierdie dame se onderwysloopbaan te volg en wens haar alle sterkte toe met die Rekeningkunde wat sy hier gaan aanbied.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

 

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version