NEWCASTLE KZN: Volkies groet ‘n legende, Juffrou Buitendag

Juffrou het diep spore in ons skoolgronde getrap, maar selfs dieper spore in ons harte.

‘Liewe Juffrou Buitendag’, skryf een van Hoërskool Volksrust se leerders.

Die leerder sê een van juffrou se slagspreuke was ‘julle moet dink, ouens’, en dag na dag het juffrou hulle herinner met ‘dit is waaroor dit gaan, ouens’.

“Ek sal nooit ophou dink nie, juffrou, maar nie net oor voeding, genetika, produksiefaktore of bemarking nie, maar ek sal nooit ophou om aan juffrou te dink nie.

‘Think while you learn’ – die lewe is ‘n leerkurwe en juffrou het beslis ‘n ekstra draai by myne gevoeg. Dankie dat ek só baie by juffrou kon leer en ek is seker nie net ek nie, maar dat die personeel saam met my stem.

Ek verwys nie nou na slegs landbou-aspekte nie, maar na soveel meer. Ons het ‘n wyse vrou, ‘n perfekte voorbeeld van Jakobus 1:19 vir 24 jaar lank in ons lewens gehad – gewillig om te luister en nie gou om kwaad te word nie. Want hoe sal dit wees om net een ‘regte Buitendag’ in die huis te hê nie?

Juffrou het my geleer om die klein dingetjies in die lewe te waardeer, soos om 2:00 in die oggend wakker te word en saam met juffrou se man jarelange herinnering oor ‘n koppie tee te herroep. Juffrou het diep spore in ons skoolgronde getrap, maar selfs dieper spore in ons harte.

Aan die res van die personeel laat ek die volgende na: Matteus 11:28: “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.”

Dit is vir wanneer die verlange na ons eie Juffrou Buitendag te veel raak. Liefde, Elanie.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for constant updates:

Exit mobile version