Local newsNewcastle AdvertiserNews

NEWCASTLE KZN: Liana Vorster en gesin sê dankie aan Hoërskool Volksrust

"Dankie vir die fondasie wat julle vasgelê het vir ons kind, 'n fondasie waarop hy kan voort bou..."

Ouer van oud leerling, Liana Vorster het onlangs a brief geskryf namens haar en haar gesin om Hoërskool Volksrust te bedank vir die belangrike rol wat die skool in haar kind se lewe beteken het.

Sy sê dit was ‘n voorreg vir die familie om deel van Volkies te kon wees.

“Volkies, julle wat vir ons kinders net julle beste gee, wat ons kinders motiveer om sy/haar passie uit te leef, waar die hoof jou kind ‘n handdruk kom gee en sê dankie, waar elke onderwyser net hulle beste gee om jou kind die beste akademiese presteerder te maak wat hulle kan wees. Wat jou kind se hand vat en van hom/haar van ‘n gemiddelde presteerder na een van die top 20 presteerders toe vat. Dankie!!”

Vorster het ook gesê dat groter, blinker, en meer is nie altyd die beste nie, en dit was uit persoonlike ondervinding uit.

Ons het met ‘n swaar hart gegroet, dankie vir die fondasie wat julle vasgelê het vir ons kind, ‘n fondasie waarop hy kan voort bou,” het Vorster afgesluit.


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

  

Related Articles

Back to top button