Vryheid KZN: Bianca is die nommer een ruiter

Ons bedank graag al ons deelnemers en personeel, wat onder vreemde omstandighede, die wa deur die drif moes trek

Bianca Louw maak Pionier trots wanneer sy Suid-Afrika in ‘n vriendskaplike internasionale kompetisie op 7-9 Augustus teen Sudan te Kaapstad verteenwoordig. Bianca het haar puik van haar taak gekwyt. Sy het die volgende goue medaljes vir ‘Tent Pegging’ verwerf: die beste swaardruiter van die toets. Die beste laansruiter van die toets en die beste algehele ruiter van die toets met boonop die hoogste punte. Veels geluk aan perd en ruiter met hierdie puik prestasie.  

ATKV-redenaars 2021:

Pionier se redenaars kon wéér vanjaar, wel onder uiters vreemde omstandighede hierdie keer, hul voorbereide toesprake tydens ons eie vlagskip-oratorsaand kom lewer, om sodoende vir ATKV-deelname te kwalifiseer. Ons was genoodsaak om vanjaar, op vreemde wyse, ons oratorsaand aan te bied. As gevolg van Covid 19-regulasies en beperkings, kon ons nie, soos gewoonlik, enige ondersteuners fisies verwelkom nie, maar danksy tegnologie kon ons egter daarin slaag om wel hierdie mooi geleentheid met ouers en ander belangstellendes regstreeks te deel en kon daar gelyktydig twee lewendige uitsendings uit twee onderskeie lokale behartig word.

Omdat die ATKV dit goedgedink het om vanjaar die onvoorbereide afdeling te skrap, kon ons agt deelnemers uit elke kategorie vir die ATKV-redenaarskompetisie inskryf, in plaas van slegs vier, soos in die verlede. Hierdie kompetisie moes egter ook noodgedwonge vanjaar ‘n ander Covid-baadjie aantrek, wat vir beide organiseerders en deelnemers ‘n enorme uitdaging was, toe die ATKV skole met die nuus verras, dat die kompetisie wel vanjaar sal plaasvind, wel virtueel! Weereens is reëlings getref, die mees geskikte- en stil lokaal vir hierdie rare geleentheid gereed gemaak en kon Pionier se 19 redenaars, na skool, een vir een, blink gepoets in hul skoolklere, gewapen met notas in die hand, totaal buite hul gemaksone, voor ‘n videokamera, hul sprak kom sprook, waarna gesiglose beroordelaars hul ook aanlyn van hul taak moes kwyt.

Pionier is daarom vanjaar veral supertrots op die volgende leerders wat onder die top-10 in KwaZulu-Natal eindig: ADDISIONELE TAAL (Graad10-12): eerste – Megan Venter, derde – Toekie Zulu. HUISTAAL JUNIORS (Graad 8-9): sesde – Leané Coetzee. HUISTAAL SENIORS (Graad 10-12): eerste – Daniélle Bosman, tweede – Ilani Lathleiff, vierde – Johanné Smit, sesde – Zoë Richards.

Baie geluk aan elkeen! Ons bedank graag al ons deelnemers en personeel, wat onder vreemde omstandighede, die wa deur die drif moes trek.

ALSO READ: VRYHEID KZN: Puik onnies by Pionier

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version