NEWCASTLE KZN: Volkies is in gesprek met ‘n top-presteerder, Magdaleen Nieuwoudt

"Ek het 700m van ʼn skoolhek af gewoon en sal altyd die geselligheid van huis toe stap saam met talle ander leerders onthou."

Volkies het onlangs gesels met Magdaleen Nieuwoudt, top-presteerder 2005, waar sy 6 onderskeidings en 90.2% gemiddeld behaal het. Dit maak haar een van die top-presteerders in die land!

Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Magdaleen laat uitstyg bo die res of is leerders soos sy maar net baie talentvol gebore.

Gee bietjie meer agtergrond oor wat jy na skool gedoen het, waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:

“Ek het in 2006 spraak-, taal- en gehoorterapie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Na afloop van my gemeenskapsdiensjaar in 2010, het ek in 2011 my eie praktyk begin in Durbanville en Malmesbury. Ek het ook vir 7 jaar as deeltydse kliniese dosent by die Universiteit van Stellenbosch gewerk.”

Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is?

“Hoërskool is vir geen tiener elke dag maanskyn en rose nie, en ek was geen uitsondering nie. Die onderwysers by Hoërskool Volksrust het egter gesorg dat ek elke dag tuis voel daar.”

Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan?

“In alle eerlikheid – die skool was stapafstand van my ouerhuis en kon my hoërskoolloopbaan aanpak saam met al die kinders met wie ek grootgeword het.”

Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan?

“Beslis tot voordeel! Die gejaag van ʼn stad is soms oorweldigend en ek verlang gereeld terug na ʼn hegte plattelandse gemeenskap.”

Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het?

“Ek het beslis die geleentheid gekry om ander talente te bevorder, maar meer as dit, om nuwe talente te ontdek. Aangesien die skool klein is, kon ek aan ʼn verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite deelneem en versteekte talente ontdek.”

Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was; verduidelik hoe jy die koshuis ervaar het, as jy ʼn inwoner daar was:

“Ek het 700m van ʼn skoolhek af gewoon en sal altyd die geselligheid van huis toe stap saam met talle ander leerders onthou.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

  

Exit mobile version