NEWCASTLE KZN: Volkies se ‘geelmasjien’ te sterk vir Hoërskool Standerton

Die 'geelmasjien' het Standerton van enige verdere punte deur puik verdediging weergehou.

In die eerste rugby liga wedstryde vir 2021 het Hoërskool Volksrust (VHS) kragte teen Hoërskool Standerton (HSH) gemeet.

VHS se onder-14 span het teen ʼn baie sterk SHS span kom staan en het die westryd 63-0 verloor. Die ‘man van die wedstryd’ is aangewys as Amahle Ngwenya.

Die onder-15 seuns het baie goeie belowende spel gelewer teen goeie teenstanders. VHS het in die eerste gedeelte die wedstryd die voortou geneem, maar Standerton het hard terug gebaklei. VHS het baie van die aanslae gestuit, maar het egter net-net met 17-24 verloor. Die ‘man van die wedstryd’ is aan Siyabonga Mavuso toegeken.

VHS se onder-16 span het ʼn groot veggees gewys maar word in die eerste gedeelte baie onderdruk met SHS wat eerste punte aangeteken het. Die jong manne het hard gewerk en uiteidelik die wedstryd beklink met baie mooi fases spel. Die finale telling is 26-17 aan VHS en die ‘man van die wedstryd ‘ is Thabiso Mkize.

Volkies se tweede span het 5-19 verloor en die ‘man van die wedstryd’ is aangewys as Lungani Tshabalala.

 

Tydens die eerstespan wedstryd was die Hoërskool Volksrust (ook bekend as die geelmasjien) te sterk vir Hoërskool Standerton. SHS het die eerste punte aan in die wedstryd geteken deur middel van ʼn strafskop. VHS het beantwoord dit egter met 4 drieë.

Die ‘geelmasjien’ het Standerton van enige verdere punte deur puik verdediging weergehou. Punte is deur Thabiso Makitla, Jason Macdonald, WJ Hatting en Kaylem Anderson aangeteken.

Veels geluk aan VHS se eerstespan wat met ‘n telling van 24-3 gewen het. Die ‘man van die wedstryd’ is aan Luan Nolte toegeken.


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version