Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: In gesprek met ‘n top-presteerder, Jacquelien Uys

Die feit dat ek ʼn dagskolier was, is ʼn baie belangrike deel van my opvoeding.

Volkies gesels met Jacquelien Uys, top-presteerder 2011, waar sy 9 onderskeidings en 93.47% as gemiddeld behaal het.

Dit maak haar een van die top-presteerders in die land!

Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Jacquelien laat uitstyg bo die res of is leerders soos sy maar net baie talentvol gebore …

  • Gee bietjie meer agtergrond oor waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:

Tans is ek aangestel as staatsveearts vir die Mkhondo/Dr Pixley ka Isaka Seme munisipaliteite in die Gert Sibande streek en bly steeds in Volksrust.

  • Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:

Geensins nie. Dat ek Hoërskool Volksrust sou bywoon was ʼn natuurlike keuse en daar was geen twyfel daaroor nie.

  • Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan:

My ouers sowel as broer en suster was in Hoërskool Volksrust. Die skool is ook ideaal geleë vir iemand wat in Volksrust groot geword het en is in my opinie die beste hoërskool om by te woon in Volksrust area.

Alles waaraan ek graag wou deelneem was ook (en word steeds) deur die skool aangebied veral die akademiese standaard en kultuur agtergrond.

Dit het my ook die geleentheid gebied om ʼn dagskolier te wees en die personeel en ander leerders het so integrale deel van die gemeenskap gevorm dat ek tuis gevoel het by Hoërskool Volksrust.

  • Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan:

Verseker tot voordeel. Dit het die basis geskep vir my studies en belangstellings wat gelei het tot my huidige beroep. Ek het ʼn groot liefde vir Volksrust, sy omgewing en mense.

  • Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die 5 jaar wat jy daar spandeer het:

Kwaliteit onderwys wat gepaard gegaan het met ʼn wonderlike kameraadskap tussen die leerders en onderwysers. Daar was ʼn altyd hulp beskikbaar sou ek dit benodig, veral van die onderwysers af.

  • Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:

Daar is verseker baie geleenthede by Hoërskool Volksrust om talente te ontwikkel. Musiek sowel as landbou en verskeie kultuur aktiwiteite het my help vorm tot die persoon wie ek vandag is.

  • Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was. Verduidelik hoe jy die koshuis ervaar het, as jy ʼn inwoner daar was:

Die feit dat ek ʼn dagskolier was, is ʼn baie belangrike deel van my opvoeding. Vir my is die heel belangrikste deel van die lewe familie. Dit bied ʼn ondersteuningsnetwerk wat onvervangbaar is in enige mens se lewe en daarsonder sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie.


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button