Local sportNewsSportVryheid Herald

VRYHEID KZN: Dansers betree weer die verhoog na amper 2 jaar

Die uitslae sal weldra bekend gemaak word.

Dansers van Stepping Out Dance Academy het Saterdag (12 Junie) by die Seabrooks Theatre (Durban) oudisies vir SACOPA (South African Championships of Performing Arts) afgelê.  Indien ‘n danser suksesvol is en in die span opgeneem word sal hy/sy die provinsie verteenwoordig in die Nasionale rondte wat in Rustenburg sal plaasvind.  Hierdie kompetisie bied dansers die geleentheid om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig.  Die organiseerders was baie ingenome met die Stepping Out dansers en het die volgende kommentaar gelewer: “Your dancers are pretty amazing; they show so much passion and their level of training is excellent.” Dit was ‘n groot geleentheid vir die dansers van Stepping Out aangesien hulle amper twee jaar laas op ‘n verhoog opgetree het.  Stepping Out eienares en dansinstruktrise, Marina de Beer sê: “Ons voel geseënd om die geleenthede te kan hê.  Ons is trots op al ons dansers wat die afgelope paar maande hard gewerk het om die beste van die geleentheid te maak.”  Die uitslae sal weldra bekend gemaak word.

Die volgende dansers het die oudisie afgelê:

Kate-Lynn Labuschagne (Dundee Branch)

Hayley Wentzel (Dundee Branch)

Minke Mentz (Vryheid Branch)

Megan de Beer (Vryheid Branch)

Skylar Davies (Dundee Branch)

Hardy Keeve

Mimi Janse van Rensburg (Vryheid Branch)

ALSO READ: Stepping Out strides into the dance year

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button