Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: Hortus Conclusus word geopen deur twee ywerige Volkie botanikusse

‘n Aanhaling uit die fliek “The Emperors Club” is hoe baie van mnr. van Rooyen se oud leerlinge hom sal onthou.

“Ons het besluit om die kweekhuis te heropen omdat ons ‘n belangstelling het in plante, en ook omdat die fasiliteite reeds beskikbaar was aangesien mnr. van Rooyen die kweekhuis in die sewentigs reeds hier in sy klaskamer begin het,” het NT Moolman en Deliah Cromhout, twee graad 11 leerders van Volkies gesê.

Daarom verwelkom hulle spesiaal vir tannie Susan van Rooyen, mnr. van Rooyen se vrou as ‘n eregas.

Tannie Susan van Rooyen knip die lint.

“Almal met wie ons gesels wat by mnr. Naas van Rooyen klas gekry het, het ‘n interessante staaltjie oor hom, en ons is spyt ons het nooit die voorreg gehad om ook by hom te kon leer nie.”

Een van die staaltjies waarmee almal eens is, is die baie uitskryfwerk en herhaaldelike kere wat sketse gedoen moes word in die Biologieklas.

“My ma se tannie moes ‘n klomp insekte van die omgewing versamel en mnr. van Rooyen het haar natuurlik uitgevang toe sy met ‘n toktokkie wat eie aan Namibieë is hier opdaag.”

Mnr. van Rooyen het in 1963 hier op Volksrust begin skoolhou, en hy sal altyd ‘n legendariese figuur van Hoërskool Volksrust wees.

‘n Aanhaling uit die fliek “The Emperors Club” is hoe baie van mnr. van Rooyen se oud leerlinge hom sal onthou.

“A great teacher has little external history to record. His life goes over into other lives. These men are pillars in the intimate structure of our schools. They are more essential than its stones or beams, and they will continue to be a kindling force and a revealing power in our lives.”

Hulle het geê hulle werk daaraan om die kweekhuis op die been te bring het op 30 Maart begin.

Die doel van die kweekhuis vir ons is om ons liefde vir plante uit te leef en om ons mede-leerders meer te leer oor plante en wat dit behels om vir hulle te sorg.

“Ons het besluit om die kweekhuis “Hortus Conclusus” te noem omdat dié woord Latyns is vir “enclosed garden”, wat die projek perfek beskryf!”

Hulle sê hulle het Latyns gekies omdat dit die taal is wat gereeld in Botanika gebruik word.

Soos enige projek was daar baie uitdagings, maar met die hulp van elkeen van hulle kon hulle suksesvol voortgaan met die projek.

“Eerstens wil ons baie dankie sê aan Juffrou Bianca Joubert wat haar klas vir ons beskikbaar gestel het vir die afgelope paar weke, en ook haar reëlings vir vandag.”

Hulle wou ook dankie sê aan oom Preuyt Louw vir al die hulp met die opruimwerk en restorasie van die vertrek, en ook aan oom Lucky Magudulela vir die deur.

“Dan wil ons ook baie dankie sê vir elkeen wat ‘n bydrae of skenking gemaak het. Binne in die kweekhuis het ons ‘n dankblaar waarop ons vir elkeen wat ‘n bydrae gemaak het erkenning gee,” het hulle afgesluit.


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

Related Articles

Back to top button