NEWCASTLE KZN: Volksrust rugby lewer ‘n belowende spel

Die eerste span speel op Hoërskool Bekker teen Hoërskool Schoonspruit in ʼn nat wedstryd.

Volkies hervat weer Rugby na ʼn 13 maande breek weens Covid-19.

Die Onder 14, 15 en 16 spanne het hul kragte teen Hoërskool Pionier van Vryheid op Volksrust.

Die Onder 14 speel met groot ywer, mooi fases en plaas baie druk op Pionier maar sukkel om die druk in punte om te skakel.

Hul verloor 21-10 en die man van die wedstryd is Thabang Mphore.

Die Onder 15 wen 31-0.

Hulle plaas van die begin afskop baie druk op Pionier.

Daardeur dwing hul Pionier om foute te begaan waarop VHS kon kapitaliseer deur vyf drieë en drie verdoelskoppe aan te teken.

Kaptein Kheto Thwala teken drie van die drieë aan en word benoem as man van die wedstryd.

Die Onder 16 wen 29-22.

Hierdie span word aan die begin van die wedstryd op die agtervoet gevang waar hulle baie aanhoudende aanslae van die opposisie ontvang.

ʼn Volkie gaan lê nie so maklik nie. Hulle trek as ʼn span saam en werk hard om as die oorwinnende span van die veld af te stap. Man van wedstryd is Loyiso Ngobese.

Die eerste span speel op Hoërskool Bekker teen Hoërskool Schoonspruit in ʼn nat wedstryd.

Beide spanne meet goed op teen mekaar waar in die wedstryd dit enige kant toe kon gaan.

Volksrust verloor egter 17-19. Man van Wedstryd is Mabutho Mayisela.


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version