Newcastle AdvertiserNewsSchools
NEWCASTLE KZN: Hoërskool Volksrust spog met uitstekkende hokkie uitslae
Baie sterkte aan elke speler en speelster vir hul onderskeie ligas wat Saterdag, die 15de Mei teen Hoërskool Standerton begin.
Dit was ‘n koel Saterdagoggend hier op die platteland maar soos gewoonlik het die koue nie die hokkie bokkies van Volkies teruggehou nie.
Volkies se Carli Ernst se hulle is baie opgewonde oor die seisoen wat voorlê en baie dankbaar dat hulle weer mag deelneem aan skolesport!
Hier volg die uitslae teen Hoërskool Pionier na afloop van die naweek se wedstryde:
Onder 14:
- Wen 2-1
- Speler van die wedstryd is Siyamthanda Matona.
Onder 15:
- Verloor 3-1
- Speler van die wedstryd is Gené Meyer.
Onder 16:
- Wen 1-0
- Speler van die wedstryd is Charlene Hobson.
Meisies tweede span:
- Wen 3-1
- Speler van die wedstryd is Abby van der Merwe.
Meisies eerste span:
- Wen 6-0
- Speler van die wedstryd is Stephanie Hepburn.
“Baie sterkte aan elke speler en speelster vir hul onderskeie ligas wat Saterdag, die 15de Mei teen Hoërskool Standerton begin. Ons sien uit na kookwater hokkie hierdie jaar!” sê Ernst.
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.