Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: Volkies hou ‘Big Brag’

Op Vrydag, 9 Mei het Hoërskool Volksrust een van hul grootste en mees opwindende tradisies voortgesit.

Op Vrydag, 9 Mei het Hoërskool Volksrust een van hul grootste en mees opwindende tradisies voortgesit.

Met opgewekte gees en musiek is die eerstespan spelers, asook die kapteine wat die spanne deur die seisoen gaan lei, aangekondig.

Amber Louis is aangewys as kaptein van die eerste netbalspan, wat afgerig word deur tannie Junida Coetzee.

WJ Hatting voer die eerste rugbyspan aan wat afgerig word deur menere André Coetzee en Sebastiaan Rothman.

1ste rugby kreet.

Die eerste seunshokkiespan word gelei deur Zack Kranhold en afgerig deur menere Martin le Roux en Joseph Stevens.

1ste seunshokkie kreet.

Laastens is Naledi Hlagala aangewys as kaptein van die eerste meisieshokkiespan wat op hul beurt afgerig word deur juffrou Daniel Houy.

Volkies sal hulle eerste groot wedstryde teen Standerton speel op Saterdag 15 Mei. 

Sterkte!


Contact Us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button