Local newsNewsVryheid Herald

VRYHEID KZN: Gemeenskap maak hande vuil om dorp skoon te maak

Daar is ongeveer 32 vragte tuinafval en 56 sakke rommel verwyder

Op 8 Mei het AfriForum se Pongola tak ‘n skoonmaakprojek langs the N2-pad wat deur die dorp loop gehou. Lede van die organisasie, sowel as vrywilligers en besighede in die gemeenskap het gehelp om bome en struike te snoei en om rommel te verwyder. Daar is ongeveer 32 vragte tuinafval en 56 sakke rommel verwyder. “Die doel van die skoonmaakprojek was om self in te spring en te veg teen ons dorp se agteruitgang. Baie vakansiegangers gebruik hierdie roete en dit is vir ons as inwoners van Pongola belangrik dat die dorp netjies is en ’n goeie indruk skep,” sê Alton Vlok, voorsitter van AfriForum se Pongola-tak. “AfriForum se veg-en-bou-strategie sluit juis in dat ons die staat verantwoordbaar hou en druk toepas sodat hulle die werk moet doen, maar ook om self ons omgewing skoon te maak dat ons nie hoef te wag vir die staat om sy verantwoordelikhede na te kom nie,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noord-Natal. Dank word uitgespreek teenoor lede en besighede wat tot die sukses van hierdie skoonmaakprojek bygedra het.

ALSO READ: VRYHEID KZN: AfriForum dring aan op antwoorde oor pad tussen Paulpietersburg en Vryheid

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button