Local sportNewsSportVryheid Herald

VRYHEID KZN: Vryheid swemmers laat nie op hul wag nie

Die distrikte-uitslae word dan aan Natal deurgegee en dan ontvang die swemmers volgens provinsiale orde medaljes

Hierdie swemseisoen was soos ‘n berg vir Vryheid Swemklub; daar was baie opdraendes, maar die sukses en uitslae is soos nog nooit gesien en ervaar in die klub nie. Die seisoen, wat in Augustus 2020 begin het, was baie wankelrig en swemmers moes by elke gala uithaal en wys want niemand was seker of daar ‘n volgende geleentheid gaan wees nie. Met geen toeskouers nie het baie ouers ook Richardsbaai toe gery en buite die swembad gewag vir swemmers om klaar te swem. Aanvanklik was die reëls romdom die gala’s ook baie nuut en aanpassings moes vinnig gebeur of die Klub mag nie deelneem nie. Ondanks al die golwe kwalifiseer Vryheid Swemklub met die beste getalle nog ooit. Van die 16 Geregistreerde Natal Aquatics Klubswemmers was daar 3 Level 1 swemmers (Zelma Bohmer, Keagan Keightley en Kayleigh van der Linde), 4 kwalifiseer vir Level 2 (Ilani Laithleiff, Bradley Loch, Keagan van der Linde en Marthinus van Niekerk), 8 kwalifiseer vir Level 3 (Dirk Grobler, Pierre Grobler, Zoe Richards, Shane van der Linde, Danika Vyncke, Ivana Vyncke, Leandri Grobler en Giuliana Vyncke) en 1 kwalifiseer vir SA National Juniors (Ashley Loch), voorwaar ‘n prestasie. As gevolg van Covid-19 regulasies en die beperking op die aantal swemmers word die jaarlikse Nationale Gala verdeel in Distrikte. Vryheid Swemklub val binne Zululand Distrik en neem saam met die King Cetshwayo Distrik deel aan ‘n gala wat plaasvind die 19 – 21ste Maart 2021 te Richardsbaai. Die distrikte-uitslae word dan aan Natal deurgegee en dan ontvang die swemmers volgens provinsiale orde medaljes. Level 1 is die intreevlak, dan is Level 2 die kwalifiserende tye, Level 3 is vinniger kwalifiserende tye en dan SA National Juniors is die top tye. Die swemmers swem uitstekende tye en die volgende behaal medaljes in hulle onderskeie ouderdomsgroepe op Provinsiale Vlak: Dirk Grobler (Lev 3) : Goud in 100m Vlinderslag, 50m Borsslag, 50m Vlinderslag en 50m Vryslag Silwer in 100m Vryslag Brons in 100m Borsslag. Pierre Grobler ( Lev 3): Brons in 100m Vlinderslag Danika Vyncke ( Lev 3): Goud in 100m Vryslag, 50m Borsslag, 50m Vryslag en 100m Borsslag Silwer in 200m Borsslag Ivana Vyncke ( Lev 3): Silwer in 50 Borsslag, 50m Vryslag en 100m Borsslag Brons in 100m Vryslag Ilani Laithleiff (Lev 2): Brons in 50m Rugslag en 100m Rugslag Giuliana Vyncke (Lev 2): Goud in 50m Vlinderslag, 100m Vlinderslag, 50m Vryslag en 100m Vryslag Silwer in 50m Borsslag Mathinus van Niekerk (Lev 2) :Silwer in 50m Rugslag Brons in 50m Borsslag en 50m Vryslag Keagan vd Linde (Lev 2): Silwer in 100m Rugslag en 50m Rugslag Vryheid Swemklub behaal in totaal 12 Goue medaljes, nege Silwer medaljes en sewe Brons medaljes. So wil ‘n seisoen mos afgesluit word! Baie dankie aan elke swemmer wat so hard deur die onsekere tyd gewerk het.

ALSO READ: VRYHEID KZN: Welgedaan Vryheid Swemklub swemmers

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

 
Back to top button