Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: In gesprek met Volkies top-presteerder, Mikayla Willemse

"Die skool se reputasie vir uitstekende leerders het my oortuig, VHS se oudleerlinge is uitstekende voorbeelde van wat bereik kan word as jy ‘n volkie is."

Volkies gesels met 2017 top- presteerder, Mikayla Willemse, waar sy sewe onderskeidings en 90% as gemiddeld behaal het.

Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Mikayla laat uitstyg bo die res of is leerders soos sy maar net baie talentvol gebore.

Gee bietjie meer agtergrond oor waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:

“Ek het in 2020 my graad in Geoktrioeerde Rekenmeesterskap voltooi in is tans besig met my CTA by NWU Potchefstroom. Ek bly in Heide dameskoshuis die afgelope 4 jaar en gaan in 2021 my 3 jaar klerkskap by Moore Global in Mosselbaai begin.”

Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:

“Nee, ek besef wat ‘n voorreg dit is om in ‘n klein dorpie skool te gaan. Hoewel Volkies klein is, is die kwaliteit onderwys top klas! Die onderwysers is uitstekend en as ‘n volkie was ek baie bevoorreg.”

Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan:

“Daar is baie skole in die omgewing maar daar was geen twyfel dat volkies my tuiste sou word nie. Die skool se reputasie vir uitstekende leerders het my oortuig, VHS se oudleerlinge is uitstekende voorbeelde van wat bereik kan word as jy ‘n Volkie is.”

Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan:

“Beslis tot my voordeel, veral die kwaliteit onderwys en aandag wat aan jou gegee word op die platteland. In Volksrust is jy nie net ‘n nommer nie, jy is deel van die gemeenskap.”

Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die 5 jaar wat jy daar spandeer het:

“Die omgee-kultuur en ondersteuning wat ek ontvang het vanaf die onderwysers en personeel. Volkies gee om.”

Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:

“Ek het op skool redenaars vreeslik geniet en is vele geleenthede gebied om deel te neem bv. Interhoër redenaars en ATKV redenaars.”

Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was. Verduidelik hoe jy die koshuis ervaar het, as jy ʼn inwoner daar was:

“Dit was ‘n voorreg om saam my ouers te kon bly as ‘n dagskolier, hulle het my ondersteun en emosioneel bygestaan.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button