Local sportNewsSportVryheid Herald

VRYHEID KZN: Stoeiers pak die bul by die horings tydens kompetisie

Daar word vyf Legend Cup toernooie elke jaar vir die KwaZulu-Natal stoeiers aangebied

Vryheid Amateur/Noord Natal Renosters het op 10 April te Volksrust deelgeneem aan die eerste Legend Cup toernooi. Sewe van Vryheid se stoeiers was opgewonde om na ‘n jaar van inperking weer te kon deelneem. Daar word vyf Legend Cup toernooie elke jaar vir die KwaZulu-Natal stoeiers aangebied. Vryheid Amateur Klub/Noord Natal Renosters, Noord Natal Renosters, Durban Klub, Newcastle Cougars, Noord Natal Valke en Richardsbaai klubs stoei teen mekaar. Vryheid Amateur se stoeiers was van die laaste klubs wat begin oefen het na die inperking, maar ons stoeiers het dit sonder enige huiwer aangepak. Die klub spreek hul dank uit aan Piet, ons afrigter en mentor. Ons waardeer jou bydrae tot ons kinders. Vryheid Amateur Stoei Klub wil ook graag dankie sê aan Orange Grove, ons grootste borg, vir die trofeës en sappies. Sonder julle sou niks moontlik gewees het nie. Vryheid Amateur Klub nooi alle potensiële stoeiers, ouderdom drie jaar en op, om saam te kom stoei op Maandae en Woensdae.

ALSO READ: Koos Roelofse – KZN Stoeigees groet

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button