Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: Petrus Schoeman is Volkies se ‘Onnie van der Maand’

"Baie dankie aan Mnr. Petrus Schoeman en sy harde werk wat beslis raakgesien word."

Nie net is Mnr. Petrus Schoeman ʼn reuse aanwins vir Hoërskool Volksrust nie, maar het die vak wat hy by Volkies aanbied die hoogste Landboutegnologie punt behaal in die Gert Sibande Streek vir 2020.

Dit is maar net om een van die vele redes te noem waarom hy Volkies se onderwyser van die maand is.

As klein seuntjie sou hy nooit kon raai dat hy vandag ʼn onderwyser sou wees nie, maar ons as Volkies kan maar net ons sterre dank dat die beroep hom gevind het.

As hy enige ander vak sou kon aanbied, dan sou dit hom groot genot gegee het om Ingenieursgrafika en -ontwerp aan te bied.

Hy vertel hoe hy nog altyd in sy pa se voetspore wou volg om ook deel te wees van die landboubedryf, deur dus Landboutegnologie aan te bied kan hy daardie droom bewaarheid.

Blitsvinnig het hy geantwoord dat om tale as vak aan te bied, heel onderaan sy lysie is. Sy gunsteling mede-onderwyser is van nature sy pragtige vrou, Juffrou Yolandi Schoeman.

Dié Sharks-ondersteuner waardeer ʼn goeie fliek soos Braveheart en as Volkies se eie ‘The Hulk’ sal hy nooit nee sê vir ʼn smullekker bord Eisbein nie.

“Baie dankie aan Mnr. Petrus Schoeman en sy harde werk wat beslis raakgesien word. Ons as Volkies waardeer dit opreg.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

 

Related Articles

Back to top button