Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: In gesprek met Volkies top-presteerder, Tisha Willemse

Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Tisha laat uitstyg bo die res of is leerders soos sy maar net baie talentvol gebore.

Volkies gesels met 2016 top-presteerder , Tisha Willemse, waar sy ses onderskeidings en 89% as gemiddeld behaal het.

Dit maak haar een van die top-presteerders in die land!

Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Tisha laat uitstyg bo die res of is leerders soos sy maar net baie talentvol gebore.

Gee bietjie meer agtergrond oor waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:

“Ek het laas jaar my B. Eng (Meganiese Ingenieurswese graad) voltooi en is tans besig om by ʼn ingenieursfirma te werk wat fokus op operasionele-doeltreffendheid terwyl ek verder studeer aan my meesters graad.”

Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:

“Nee, ek was dadelik oortuig dat ek vanuit my ouerhuis wou skoolgaan en Volkies was uit-en-uit die beste opsie daarvoor.”

Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan:

“Volkies was strategies geleë en het daarom dit vir my moontlik gemaak om my sport te kon beoefen op die vlak wat ek graag wou. Verder was Volkies ook ʼn presterende skool op beide akademiese en kulturele areas.”

Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan:

“Aangesien die plattelandse omgewing die omgewing is waarin ek groot geword het, en op daardie tyd nie werklik bekend was met enigiets anders nie, was dit definitief tot voordeel. Ek kon my energie fokus op my akademie, sport en kultuur eerder as om aan te pas in ʼn stadsomgewing wat baie afleidings kan hê. As ek vandag terug kyk voel ek dit het definitief bygedra tot my karaterontwikkeling.”

Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die 5 jaar wat jy daar spandeer het:

“Die skool (beide personeel en leerders) se oorweldige ondersteuning aan die aktiwiteite wat hulle as belangrik geag het, was nog altyd vir my verstommend. Maar vir my persoonlik was die onderwysers se hulp en ruimte om my as individu te help ontwikkel iets wat ek verewig sal waardeer.”

Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:

“Volkies het vir my onderrig in musiek gebied wat ek voel my in staat gestel het om vir die eerste keer musiek te maak soos wat dit, volgens my mening, veronderstel is om te klink. En later tot op die vlak dat ek bevoorreg genoeg was om deel te kon wees van die Wakkerstroom musiek fees, asook die Noordwes-Universiteit se simfonie orkes. Wat my sport aanbetref (equestrian) het hulle vir my die vryheid en erkenning gebied vir deelname aan kompetisies deur akademieseondersteuning te bied tydens eksamens en gewone klastye. Dit het my in staat gestel om my hoogste sport doel te kon bereik sonder die vrees dat dit my akademie sou benadeel.”

Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was. Verduidelik hoe jy die koshuis ervaar het, as jy ʼn inwoner daar was:

“Om in my ouerhuis die ruimte te kon hê om te groei, is iets wat ek nooit sou wou verruil nie. Dit het my persoonlik gemaak wie ek is vandag en ek voel dis te danke, ook, aan die ondersteuning en opofferings van my moeder op ʼn daaglikse basis.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button