NEWCASTLE KZN: Volkies se Francois presteer tydens Mpumalanga Provinsiale Fietsry

Francois is ook gekies vir die Federasie Span om Mpumalanga te verteenwoordig by die SA's later in die jaar.

Francois de Jager, graad 9 leerder van Hoërskool Volksrust, het hierdie naweek aan die provinsiale fietsry wedrenne te Badplaas deelgeneem.

Hier kwalifiseer ryers vir die SA’s en ook om hul provinsiale klere te verower.

Francois het aan die o/17 seunspadwedren, tydtoets en bergfietswedren deelgeneem, alhoewel hy nou eers 15 jaar oud is!

Hier volg sy uitslae:
– Tydtoets 3de (Brons)
– Padwedren 2de (Silver)
– Bergfiets 1ste (Goud)

Francois is ook gekies vir die Federasie Span om Mpumalanga te verteenwoordig by die SA’s later in die jaar.

“Volkies is voorwaar baie trots op Francois met hierdie puik prestasies.”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

Exit mobile version