Local sportNewsSportVryheid Herald

VRYHEID KZN: Gholfers speel ‘n storm los tydens LMS Gholfdag

Van die spelers en spanne het die dag meer ernstig aangepak in vergelyking met van die ander spanne en spelers

Die gunstige weer het die dag perfek afgerond om jou staal of nommer vier yster in hierdie geval, op die Gholfbaan te wys. Verlede Saterdag het daar ‘n totaal van 112 spelers (28 spanne) aan Lucas Meyer Primêre Skool se Gholfdag deelgeneem. Die manne en vroue het vroegdag afgeslaan en die vrolike en sorgvrye atmosfeer was hoogs aansteeklik onder die spelers. Van die spelers en spanne het die dag meer ernstig aangepak in vergelyking met van die ander spanne en spelers.

Dit was ook duidelik dat van die spelers slegs vir die ‘sport’ ingeskryf het, aangesien die balle meer in die rowwe terrein en in die water was, as op die gholfbaan. Ongeag van elkeen se dryfkrag agter hul deelname aan die Gholfdag, was dit ‘n uitsonderlike en baie suksesvolle dag vir beide spelers en die skool.

Baie dankie aan al die borge, spelers, ouers en onderwysers wat ‘n handjie bygesit het om die dag ‘n sukses te maak.

Die uitslae is as volg:

Eerste plek – M Kirsten, S Bennie, M Mtshali en B Nkosi.

Tweede plek – G van der Merwe, C Haywood, H Venter en E Kruger.

Derde plek – J Fourie, R Wilmot, S van der Nest en H Burger.

Naaste aan die pin:

C Haywood, L Smit – Sewende putjie.

EN Zungu, L Smit – Dertiende putjie.

L Bernice, C Haywood – Eerste putjie.

ALSO READ: VRYHEID: LMS leiers vir 2021 is aangekondig

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button