NewsSchoolsVryheid Herald

VRYHEID KZN: Oratorsaand-2021

Danksy tegnologie kon ons egter daarin slaag om wel hierdie mooi geleentheid met ouers en ander belangstellendes regstreeks te deel

Pionier is genoodsaak om vanjaar op vreemde wyse ons jaarlikse oratorsaand aan te bied.
As gevolg van Covid 19-regulasies en beperkings, kon ons nie soos gewoonlik enige ondersteuners fisies ontvang en met die gebruiklike skinkborde toebroodjies verwelkom nie.
Danksy tegnologie kon ons egter daarin slaag om wel hierdie mooi geleentheid met ouers en ander belangstellendes regstreeks te deel. Deur middel van Facebook Life Streaming en die hulp van mnre .
Johan van Eyssen en Pieter Hatting, kon daar gelyktydig twee lewendige uitsendings uit twee onderskeie lokale behartig word. Ons is oorval met belangstelling en ‘n rekord getal redenaars daag vanaf 15:00 al om die 12 minute op vir hul onderskeie toesprake.
Met van die laaste deelnemers om 21:30 nog aan die woord, word dit ‘n laat, maar geslaagde aand.
Ons bedank weereens ons ervare, opgeleide beoordelaars wat altyd bereid is om hul plek vol te staan, of liewer, vir ure vol te sit.
Omdat die ATKV dit goedgedink het om vanjaar die onvoorbereide afdeling te skrap, mag ons agt deelnemers uit elke kategorie vir die eerste ATKV-ronde inskryf, in plaas van slegs vier, soos in die verlede. Ons bedank elke tydhouer, puntekontroleur, saniteerder, voorsitter, en so meer, wat bygedra het om hierdie aand suksesvol te laat verloop. Baie geluk aan die volgende sprekers wat dan die geleentheid kry om vertueel aan die ATKV-redenaarskompetisie deel te neem:
ADDISIONELE TAAL: Hier was slegs vier deelnemers, so al vier gaan outomaties deur na die addisionele taal vir senior deelnemers:
Vierde – Ntando Mncwango
Derde – Toekie Zulu
Tweede – Megan Venter
Eerste – Cay-li Birkenstock
HUISTAAL JUNIORS (gr. 8-9)
Agste – Janike Ferreira
Sewende – Anzel Warmenhoven
Sesde – Ju-Andre Vlok
Vyfde – Amelda Ungerer
Vierde – Leane Coetzee
Derde – Annelize Janse van Rensburg
Tweede – Lene Janse van Rensburg
Eerste – Jasmin van Rooyen
HUISTAAL SENIORS (gr. 10-12)
Agste – Sharne Jordaan
Sewende – Johanne Smith
Sesde – Danielle Bosman
Vyfde – Lianca Landman
Vierde – Janus Pretorius
Derde – Ilani Lathleiff
Tweede – Anika Smit
Eerste – Zoë Richards

ALSO READ: VRYHEID: Pionier spog met 2021 se leerlingbestuur

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button