communityNewsVryheid Herald

VRYHEID KZN: Twee miljoen Bybels-projek

Navorsing toon dat daar steeds 'n behoefte aan 23 miljoen Bybels in die land is

Help om die storie van God se wonderlike genade te versprei. In 2020 het die Bybelgenootskap van Suid-Afrika sy 200ste herdenking gevier. Die Bybelgenootskap is innig dankbaar vir die Here se genade en seën op hierdie organisasie met die missie om bekostigbare Bybels aan almal in die taal van hul keuse te voorsien.

Dit is danksy die werk van die Bybelgenootskap in die vertaling, produksie en verspreiding van Bybels, dat die mense van Suid-Afrika God in elk van die 11 amptelike tale kan hoor praat. Ter viering van hierdie geseënde en historiese mylpaal het hulle ‘n spesiale doelwit vir hulself gestel – om twee miljoen Bybels aan die mense van Suid-Afrika beskikbaar te stel gedurende 2020/21 waarvoor daar finansiële ondersteuning benodig word. Hierdie Bybels is bó en behalwe die Bybels wat jaarliks versprei word.

Navorsing toon dat daar steeds ‘n behoefte aan 23 miljoen Bybels in die land is.

Enige donasies/inbetalings kan deur eie gevestigde kanale of in die Bybelgenootskap van SA se rekening betaal word: ABSA rekening: 405 826 9909 Tak: 632 005 Indien by laasgemelde inbetaal stuur asseblief besonderhede daarvan per WhatsApp aan Leon van den Heever op 072 454 2820 saam met ‘n e-pos en posadres sodat daar kan gereël word vir ontvangserkenning, ‘n donateurnommer en dat ‘n eSaaier aan u gestuur kan word.

Vir meer inligting, besoek die Bybelgenootskap se webtuiste by www.bybelgenootskap.co.za

ALSO READ: VRYHEID: Appeal for more clothing donations

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button