VRYHEID KZN: AfriForum dring aan op antwoorde oor pad tussen Paulpietersburg en Vryheid

Die departement is bewus gemaak van talle ander probleme

Dit is nie net die slaggate in die dorp wat die gemeenskap frustreer nie, maar ook die teerpad tussen Vryheid en Paulpietersburg. Hierdie pad word daagliks deur honderde motoriste gebruik en is die hoofroete tussen die twee dorpe. Vir die afgelope paar jaar is hierdie teerpad in ‘n haglike toestand en daar word geen poging aangewend om die slaggate, padtekens of die gras langs die pad te onderhou nie. Van die slaggate op hierdie roete is diep en veroorsdaak talle ongelukke. Die gras groei tot teenaan die pad en is so hoog dat motoriste nie die rondlopervee kan sien nie. Padtekens langs hierdie roete het omgeval en word nie herstel nie. “Dit is jammer dat ongelukke en klagtes van die publiek, die departement se maatstaaf geword het om aandag aan probleme te gee. Hierdie pad word daagliks gebruik en is een die hoofroetes vanaf Mpumalanga en KwaZulu-Natal en ook die bekendste roete na Pretoria vir die inwoners van hierdie twee dorpe,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal. AfriForum het onlangs die department van vervoer in Vryheid gevra vir ‘n aksieplan om die teerpad te onderhou. Indien AfriForum ontevrede is met die aksieplan vanaf die departement van vervoer, sal hulle oorweeg om met die provinsiale kantoor te skakel.

Tydens ‘n vergadering met die department op 10 Februarie het dit aan die lig gekom dat daar verskeie probleme opgeduik het waarvan algemene slaggate ‘n groot bekommernis is, aangesien die kleiner gate geïgnoreer word wat dan in groter gate verander. Die department bevestig dat grondpaaie hulle verantwoordelikheid is, en dat ‘n toesighouer moet bewus wees van die toestand van elke pad en watter pad volgende geskraap moet word. Dit het ook aan die lig gekom dat die reflekteerders wat die skerp draaie by die Pongola-brug aanwys heeltemal toegegroei en onsigbaar is. Die department bevestig dat dit deel uitmaak van hulle mandaat en dat hul die nodige span sal uitstuur. Die departement is bewus gemaak van talle ander probleme. Intussen is daar ‘n paar van die slaggate reggemaak, maar tot op hede is daar nie verdere vordering gemaak om die probleem-areas uit te sorteer of te herstel nie.

ALSO READ: AfriForum attempts to halt State’s NHI plans

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version