communityNewsVryheid Herald

VRYHEID: Vryheid verloor ‘n ‘stukkie goud’

Dit is met groot hartseer dat die gemeenskap van Vryheid en haar vriendinne totsiens sê aan Ria

‘Vlytige vingers’ is die enigste en mees akkuraatste manier om 86-jarige Ria Olivier te beskryf. Ria se man, Frans Olivier, is in 1963 oorgeplaas Vryheid toe, waar hy Stasiebevelvoerder vir etlike jare was. Frans is in Julie 2007 aan natuurlike oorsake oorlede. Ria was ‘n bekende gesig by Christelike Maatskaplike Dienste, waar sy vir 30 jaar gewerk het. Maar Ria se groot liefde is vir bak-en-brou, asook enigiets wat sy met haar hande kan bemeester. Ria was ‘n lid van die Vroue Landbou-unie en haar rede vir aansluiting was omdat sy die fynere kuns van naaldwerk en enige ander handwerk wou vervolmaak. Twee jaar agtereenvolgend het sy die prys gewen by die Landbouskou met haar 33 verskillende inskrywings. Sy is ‘n ywerige tennisspeelster en het op ‘n hoë ouderdom nog deelgeneem aan hokkie. Op ‘n sosiale vlak was sy betrokke by Klub 60 vir ‘n hele aantal jare. Dit is met groot hartseer dat die gemeenskap van Vryheid en haar vriendinne totsiens sê aan Ria. Sy sal onthou word vir haar betrokkenheid in die gemeenskap, asook vir die feit dat haar hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Ria verhuis 20 November na haar kinders in die Brits omgewing. ALSO READ: VRYHEID: Enid the 89-year-old ‘recycling queen’ Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button