NewsSchoolsVryheid Herald

VRYHEID: Jong rugbysterre opgewonde vir 2021

Hulle was spesifiek opsoek na spelers wat wou deel wees van hulle "Barbarians"-familie

Gedurende Meimaand 2020 het Rugby Travel Akademie ‘n advertensie geloots op Sosiale Media wat jong rugbyspelers met ‘n droom om oorsee rugby te speel, genooi het om hulle CVs aanlyn in te stuur. Hulle was spesifiek opsoek na spelers wat wou deel wees van hulle “Barbarians”-familie. Daar was ongelukkig nie ‘n VKB-rugbyweek tydens 2020 nie, weens die pandemie wat dit onmoontlik gemaak het. Die hoof-organiseerders van Rugby Travel Akademie het wel ‘n e-pos uitgestuur om die seuns in kennis te stel dat hulle meer as 200 CVs ontvang het en dat hulle 23 spelers kon uitkies wat hulle in 2021 na Parys sal saamneem. Die voorlopige plan is om te toer in Januarie 2021. Indien omstandighede dit toelaat, sal hierdie spelers die Barbarians verteenwoordig in Parys en sal hulle tydens die toer, wat 10 dae sal duur, drie verskillende wedstryde teen verskeie ander klubs speel. Voorlopig wens ons vir Adriaan Koekemoer en Estiaan Botes geluk met hul verkiesing tot hierdie Barbarians-span. Ons is saam met julle opgewonde om te sien wat 2021 vir julle rugby-loopbane sal inhou en ons wens julle alle sterkte toe met die oefening voorbereiding wat voorlê. ALSO READ: VRYHEID: Pionier spog met 2021 se leerlingbestuur Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button