VRYHEID: Nuwe instelling by Bloedrivier

Hierdie Erfenisterrein is op die Vryheid-Dundeepad en maak deel uit van die alombekende Slagveldroete beter bekend as die 'Battlefields Route'

“Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat tot Sy eer sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.” So lui die Gelofte wat deur die Boere in 1838 afgelê is voor die aanvang van wat ons vandag ken as ‘Die Slag van Bloedrivier.’ Hierdie Erfenisterrein is op die Vryheid-Dundeepad en maak deel uit van die alombekende Slagveldroete beter bekend as die ‘Battlefields Route’. Die Erfenisterrein is veral gewild onder die oorsese toeriste. Elke jaar, op 16 Desember word daar ‘n groot byeenkoms ter ere van die Gelofte gehou, asook ter nagedagtenis aan diegene wat gesterf het. Tot aanloop van hierdie geskiedkundige byeenkoms en die feesvieringe wat daarmee gepaard gaan, het ‘n groep van 30 mense die naweek van die 9de Oktober ‘n Verootmoedigingsnaweek by Bloedrivier gehad. Vrydagaand is daar onder die sterre na ‘n fliek gekyk en Saterdagoggend kon die groep na ‘n praatjie oor die `Slag van Bloedrivier` luister. Saterdagaand het Danie Marais van Utrecht APK Kerk ‘n bemoedigingsdiens in die Ouditorium gehou. Sondagoggend se Nagmaalsdiens is deur Ds Philip Venter van Thabazimbi gelei. Daarna het die groep weer na hul bestemmings teruggekeer. Judean Jansen van Vuuren, Finansiële Bestuurder van die Bloedrivier Erfenisterrein, sê dat hierdie Ootmoedigingsnaweek ‘n jaarlikse instelling gaan word. Vir die afgelope 20 jaar word die Erfenisterrein deur Wittenberg Skool naby Piet Retief besoek. Onder die toesig van mnr. Kurt Lilje en juf. Carmen Meier het die graad 7-leerlinge laat Dinsdagmiddag van die 6de Oktober by die Erfenisgebied gearriveer. Daar is aandete genuttig en die leerlinge het in die saal geslaap. Die volgende oggend het die groepie die pad aangedurf na ander slagvelde in die omgewing. Na ‘n lang en uitputtende dag het daar groot opgewondenheid geheers toe die leerlinge die geleentheid gegun is om in die walaer te slaap. Ongelukkig moet alle uitstappies tot ‘n einde kom. Anton en Judean Janse van Vuuren, wie aan stuur van die Bloedrivier Erfenisgebied is, sê dat alle groepe voortaan ‘n boom moet plant. Die leerlinge van Wittenberg het ook hulle boom geplant.

ALSO READ: Skending van die Bloedrivier-klipstapel: Nog reaksie op die skending van Voortrekkermonumente

Groepe wat die Bloedrivier Erfenisterrein besoek moet ‘n boom plant.
Wittenberg Skool naby Piet Retief besoek die Erfenisterrein al vir die afgelope 20 jaar.
Danie Marias en Jaco Fourie staan Ds Philip Venter by tydens die bediening van die Nagmaal.
Danie Marias van Utrecht APK Kerk lei die Saterdagaand kerkdiens.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version