communityNews

Vryheid KZN: Paddadam Markdag sien uiteindelik weer die lig op vlak 2 van die grendeltyd

On October 3, the first market day since the national lockdown will once again commence around the dam area

Kwaliteit-gesinstyd is waardevol in die hedendaagse gejaagde lewe en die gemeenskap van Vryheid is bevoorreg om ‘n plaaslike park tot hul beskikking te hê waar kinders en ouers na hartelus kan ontspan.
Die park bied ‘n verskeidenheid van voëllewe aan waarvan kolganse, ‘n makou, en ‘n Carolina Riet-eend om maar net ‘n paar te noem. Die 21 ganse is sinoniem met die Paddadam en is ‘n groot aanwins vir die dam. Daar is tans vier ganse wat op die wal nes gemaak het en besig is om te broei . Die komitee het die area met dromme afgespêr om die ganse en hul eiers te beskerm. Die publiek word vriendelik versoek om die afgespêrde area te respekteer en nie van daardie loopvlak gebruik te maak nie. Laerskoolkinders, sowel as jonger kinders is steeds welkom om vis te vang op enige van die ander dele van die wal maar word herinner dat daar ‘n vang en teruggooi beleid is. Ouers en kinders word ook gewaarsku om op die uitkyk te wees vir waterslange. En asof die speelarea en visvanggeriewe nie alreeds gunstelinge onder die kinders is nie, beplan die komitee nog verdere uitbreiding om aan die jongspan selfs meer vermaak te voorsien.
Patrons are urged to leave the area in a neat and clean condition in the same way as it was found. The Paddadam is open for everyone to enjoy on Wednesdays from 9am until 5pm; and Saturdays and Sundays from 10am until 6pm. All Covid-19 regulations should be followed and the public is reminded to supply their own sanitizers.
On October 3, the first market day since the national lockdown will once again commence around the dam area. The entry fee for either the market day or a fun day at the Paddadam is still R10, which contributes to the maintenance of the picnic area.
Die Paddadam is ‘n nie-winsgewende organisasie wat slegs deur ‘n paar komitee-lede bedryf en instand gehou word. Enigiemand is welkom om betrokke te raak, idees uit te ruil of donasies te skenk.
Belangrike inligting:
Bankbesonderhede:
Paddadam Association
Standard Bank
Rekeningnommer: 086532774
Takkode: 057924
Kontakpersone:
Dawid Beetge – 083-362-9317
Doug Grewar – 083-659-3316
Elize Tschirpig – 073-063-5499
Ron Turkington – 083-664-8664
Marlize Harmse – 071-857-9581 (Market Day related queries only)

ALSO READ: Gemeenskap staan saam by die Paddadam Markdag

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button