Vryheid KZN: Pionier Siviel-leerders se liggies skyn helder

Pionier se onderwysers en leerders is volstoom aan die werk om dié jaar so suksesvol as moontlik af te handel

Pionier wil graag spog met meneer Johan Herbst se Graad 12-leerders wat hulle Siviel prakties op só ‘n suksesvolle wyse afgehandel het. Hierdie leerders het asemrowende, moderne bedlampies met gegalvaniseerde pyp gebou. Beslis ‘n paar spogstukke wat in baie van hulle se ouers se huise sal pronk! Pionier se onderwysers en leerders is volstoom aan die werk om dié jaar so suksesvol as moontlik af te handel.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version