Vryheid KZN: Pionier keer vuur en vlam terug

Ons is hard aan die werk om die leerders se werk op datum te kry en om hulle op die assesserings wat voorlê voor te berei

Ons heet graag ons Graad 8- en Graad 10-leerders hartlik welkom terug by Pionier. Dit is vir ons ‘n plesier om julle gemaskerde gesigte weer te sien, ons het vreeslik na julle verlang. Ons is hard aan die werk om die leerders se werk op datum te kry en om hulle op die assesserings wat voorlê voor te berei. Dis ‘n eienaardige tyd vir ons almal, maar soos ware Pioniers kyk ons elke uitdaging stip in die oë en laat ons ons nie sommer onderkry nie. 2020 is nog nie verby nie en ons kan dit beslis nog steeds op ‘n hoë noot eindig. Foto: Die Graad 10 en 12 leerders volg die oggend prosedure in die saal.

ALSO READ: Akademie ‘n groot prioriteit vir Pionier

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version