NewsSchools

Kreatief en bekkig in die grendeltyd

Ons sien opgewonde uit na die res van die uitslae

Terwyl die land in ‘n algehele staat van grendel is, is geen slot sterk genoeg om die kreatiwiteit van een van ons talentvolle skoliere op hok te hou nie. Met die feit dat die ATKV-Redenaarskompetisie weens Covid 19 nie vanjaar sy normale gang kon gaan nie, was daar egter instansies wat aan kreatiewe leerders verskeie opsies gebied het. Susan Gregory, Graad 9, neem dan individueel aan redenaars- en skryfkompetisies deel. Terwyl sy nog in afwagting op sommige uitslae is, wens ons haar intussen geluk met die volgende prestasies:
Con Spirito – hier behaal sy op provinsiale vlak ‘n uitmuntende 92% vir haar voorbereide toespraak: “Waarheid”.
Nasionale Interskole Redenaarskompetisie – hier dring sy deur tot die landsfinaal wat op 5 September plaasvind, nadat sy onderskeidelik 92% en 94% vir haar voorbereide- en onvoorbereide toesprake ontvang.
Pionier is trots op jou, Susan! Ons sien opgewonde uit na die res van die uitslae.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button