Jong tieners wys integriteit

"Almal moet hulle deel doen om die omgewing rondom hulle skoon te hou, al het jy nie die rommel daar gestrooi nie"

Amanda Prigge is ‘n inwoner van Boerenstraat wat keelvol geraak het vir die gemors wat in ‘n leë erf op die hoek van Wes- en Boerenstraat gelê het.
Amanda het haar Sondagmiddag-slapie vir ‘n skoonmaaksessie verruil om die oogseer te gaan opruim. Sy het op hul straat se WhatsApp-groep gevra vir enige vrywilligers om te gaan help, maar het met of sonder hulp begin opruim.
Skaars nadat Amanda begin het, het die buurt se tieners by haar kom aansluit met swartsakke en sakke om die hande gebind en ywerig begin help. Sy het ook vir wykraadslid Magda Viktor in kennis gestel van die jong kinders wat so fluks saamwerk om hul omgewing skoon te hou. Stelselmatig het meer van die buurt se mense by hulle aangesluit en kort voor lank was hulle altesame nege mense wat die veld skoongemaak het. Dit het die spannetjie ‘n skamele uur en ‘n half geneem om die veld mooi skoon te kry. Amanda bevestig dat indien die veld weer vervuil word, dat sy weer sal gaan skoonmaak. “Almal moet hulle deel doen om die omgewing rondom hulle skoon te hou, al het jy nie die rommel daar gestrooi nie,” verduidelik sy aan die Herald. Die rommel het heel waarskynlik vermeerder met ‘n enkele persoon wat elke keer ‘n blikkie of papier weggegooi het, of die swartsakke wat wel daar was is oopgeskeur deur ‘n hawelose persoon. Gelukkig het Amanda en haar span skoonskip gemaak van die situasie en is voorwaar ‘n voorbeeld vir die gemeenskap van Vryheid. Magda Viktor het met trots die groep volwassenes en die kinders op haar Facebook-blad bedank vir hul harde werk.

ALSO READ: Paying it forward with community clean-ups

Die groep vergader onder ‘n boom nadat hulle klaar opgeruim het.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

 

Exit mobile version