Local newsNews

Pieter Swanepoel was ‘n legende wat in almal se harte voortleef

Pieter se privaat verassing vind op 31 Julie in Pretoria plaas

Dit was ‘n hartseer dag vir die gemeenskap van Vryheid met die afsterwe van ‘n legende. Pieter Andries Swanepoel (78), oftewel ‘Swannie’ soos wat baie hom geken het, is op 21 Julie oorlede in ‘n ouetehuis in Pretoria.
Pieter is gebore op 11 Augustus 1941 in ‘n huis in Afrikanerstraat, Vryheid. Hy het onderwys studeer by Heidelberg Onderwyskollege en ook aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Pieter het ‘n fenominale impak op menige kinders se lewens gemaak tydens sy tydperk as Wetenskap-onderwyser by onderskeidelik Hoërskool Pionier en Hoërskool Vryheid. Hy het ‘n liefde gehad vir rugby en krieket afrigting en sy hele lewe het rondom die kinders gedraai, waarvan sy eie drie die belangrikste was. Twee van sy kinders, André en Carien, is onderskeidelik woonagtig in Pretoria en Hartebeespoortdam. Johan is ongelukkig in 1997 oorlede in ‘n motorfietsongeluk in Vryheid.
Pieter het in die laaste paar jaar aan Alzheimer’s en dementia gely en sy vrou Marie, tesame met die verpleegpersoneel in die ouetehuis, het hom bygestaan.
Pieter se privaat verassing vind op 31 Julie in Pretoria plaas, onder leiding van Pastoor Corrie van Wyk, wie ‘n preserende leraar was by die Vryheid AGS Gemeente. Die familie spreek hul dank uit teenoor almal in Vryheid wie simpatie betuig het, asook almal wie in die laaste paar jaar behulpsaam was met Marie en Pieter se versorging. Spesiale dank gaan aan Tokkie Muller en al die personeel van die Vryheid ouetehuis.
Die Vryheid Herald spreek hul meegevoel uit teenoor die familie.

ALSO READ: The MIND diet could significantly reduce the risk of Alzheimer’s Disease

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button