Koos Roelofse – KZN Stoeigees groet

Oom Koos was gereken as een van KZN se stoeighoeroe's

KZN Stoei struikel met die afsterwe van oom Koos, soos die stoeiers hom geken het. Koos Roelofse was 30 jaar betrokke by KZN Stoei.
Hy het homself bekwaam in baie stoeigebiede, en oor die jare as hy afrigter, administrateur, skeidsregter, spanbestuurder, president, ere-president en mentor van die plaaslike klub en die provinsie. Oom Koos was gereken as een van KZN se stoeighoeroe’s.
Oom Koos het in 1990 in stoei betrokke geraak toe sy seun Jakkals Roelofse begin stoei het. Hy het homself bekwaam as provinsiale skeidsregter, en het tydens oefensessies by die klub uitgehelp, want hy het dit baie geniet om met die kinders te werk. Oom Koos het dan ook afrigterskursus na afrigterskursus geslaag, wat hom ‘n nasionaal-gegradeerde afrigter gemaak het. Hy het by tye as spanbestuurder ingestaan as sy klub hom nodig gehad het.
In 2005 en 2006 het hy KZN Stoei verteenwoordig as president, en het ook vir 15 jaar agtereenvolgend op die KZN bestuur gedien. Hy het eers sy kleure as KZN-afrigter verwerf, en later goue KZN ere-kleure as administrateur verwerf.
Oom Koos was vir baie jare die hartklop van die plaaslike stoeiklub, die Noord-Natal Renosters. Hy het afgerig, met vervoer en finansiering van arm spelers gehelp. Oom Koos het regoor Suid-Afrika en selfs Namibië getoer om seuns te help met ‘n geleentheid om aan hierdie besonderse sport deel te neem. Hy het baie nasionale kampioene help vorm, onder andere sy kleinseun Victor Roelofse en sy peetkind Morgan Engelbrecht.
Op 11 Junie is oom Koos Roelofse in Dundee oorlede aan ‘n bloedklont wat deur sy longe gegaan het. Ten tye van sy dood was hy die Noord-Natal Renosters en KZN Stoei se ere-president. Hy laat sy vrou Mariëtte, drie kinders, ‘n pleegkind en vyf kleinkinders agter. Die stoeiwêreld sê totsiens aan ‘n vriend, ‘n mentor en ‘n baie spesiale mens.


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394

Exit mobile version