Pionier is aan die gang

Neem ook asseblief kennis van ons aanlyn-inskrywingsvorms vir 2021, wat vir alle voornemende graad 8- tot 11-leerlinge op ons webtuiste beskikbaar is (www.pionier.co.za)

Ons kan met trots sê dat ons matriek-leerders goed aan die gang is en sommer vinnig weer in roetine kom.
Ons kan veral spog met die Fisiese Wetenskap-leerlinge wat reeds hulle informele Chemiese Ewewig prakties onder streng maatreëls voltooi het. Pionier het ook het ook van hierdie week af lesse op Google Classroom begin laai sodat die res van ons Graad 8- tot 12-leerlinge op datum van die leerprogram vir 2020 sal bly. Dit is vir enige persoon ‘n aanpassing om onder hierdie omstandighede skool te gee en skool te hou, maar dit gaan baie goed met die Pioniers!
Neem ook asseblief kennis van ons aanlyn-inskrywingsvorms vir 2021, wat vir alle voornemende graad 8- tot 11-leerlinge op ons webtuiste beskikbaar is (www.pionier.co.za). Moenie die geleentheid misloop nie!

ALSO READ: Pionier se eerste netbalspan is kampioene

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version