Skitterende sprekers stapel trofeë op!

Die senior span, met Christinet Zaal en Dee-Mari Kriel se onvoorbereide onderwerp was niks anders as die onderwerp van die jaar: Is SA gereed vir die coronavirus?

EG Jansen Redenaars:
Op Donderdag, 12 Maart neem ‘n junior- en senior redenaarspan aan die KZN-EG Jansen deel.
Die juniors, met Susan Gregory en Lené Janse van Rensburg se onvoorbereide onderwerp was: Koebaai handboek, hallo tablet.
Die senior span, met Christinet Zaal en Dee-Mari Kriel se onvoorbereide onderwerp was niks anders as die onderwerp van die jaar: Is SA gereed vir die coronavirus?
Beide Pionier se spanne word as die algehele wenners aangewys!
Twee fenominale prestasies!
Daar wag toe egter nóg fantastiese nuus – Christinet Zaal word as die ‘Beste Onvoorbereide Senior Spreker’ aangewys en Susan Gregory word met twéé trofeë vereer: ‘Beste Voorbereide-asook ‘Beste Onvoorbereide Junior Spreker’. “Ons gee staande applous vir hierdie talentvolle en brawe sprekers wat dus vyf van die ses trofeë Pionier toe bring!”
PUK 16 teen Volksrust: Die laaste PUK 16-poelwedstryde het op Saterdag, 14 Maart te Pionier plaasgevind. Die uitslae is as volg:
Netbal: o-14A 22-7, o-15A 19-5, o-16A 54-0, tweedespan 30-3, eerstespan 49-9.
Hokkie: o-14A 0-0, o-15A 0-0, o-16A 3-0, tweedespan 1-0, eerstespan 2-3; die seunshokkiespan verloor 0-7.
Rugby: o-14A 36-22, o-15A 24-28, o-16A 38-14, tweedespan 15-45, eerstespan 35-12.

ALSO READ: Redenaars: Provinsiale prestasie

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version