‘n Goeie prestasie vir LMS-netbalspeelsters

Lucas Meyer Skool is baie trots op hierdie agt leerders en glo dat dit in die volgende rondte nog beter sal gaan

Die Filidi-netbalproewe is 13 Februarie by LMS se koshuisvelde aangebied.
Ons is baie trots op die volgende netbalspeelsters wat na die volgende rondte op 28 Februarie deurgedring het:
o-12-speelsters: Clarissa Scheepers, Bianca Botha, Leandri Kruger, Maja Slump.
o-13-speelsters: Minke Mentz, Leonie Joubert, Okuhle (Sweety) Mkhonza, Zelma Böhmer.
Lucas Meyer Skool is baie trots op hierdie agt leerders en glo dat dit in die volgende rondte nog beter sal gaan. Hierdie week is baie spesiaal vir ons skool – ons skool word 90 jaar oud! Ons vier hierdie belangrike dag 19 Februarie. Daar word in die geheim baie verrassings vir die leerders en personeel beplan.
Volgende week sal daar ‘n spesiale berig oor hierdie geskiedkundige gebeurtenis wees.
Die jaarlikse LMS-redenaarsaande vind Dinsdag, 18 Februarie, vir die sprekers in Grade 1 tot 5 en Donderdag, 20 Februarie, vir die gesoute sprekers in Grade 6 en 7 plaas. Dis altyd ‘n hoogtepunt op LMS se kultuurkalender!
Sterkte aan al die sprekers wat deelneem.

ALSO READ: Lucas Meyer Primêre Skool; Borgskappe verseker dat LMS se eerste spanne skitter

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version