Oratorsaand: ‘n klinkbare sukses

Pionier bedank elk van die ses professionele beoordelaars wat altyd bereid is om by Pionier diens te lewer

Blink gepoets en opgewonde op 6 Februarie, trek die Pioniers se eie Orators-brigade, laer in die personeelkamer. Met notas in die hand en ondersteuners aan die sy, maak ons trots. Pionier bedank elk van die ses professionele beoordelaars wat altyd bereid is om by Pionier diens te lewer. Die volgende leerlinge word gelukgewens: Grade 8 en 9 voorbereide toespraak – Lené Janse van Rensburg, Susan Gregory, Zoé Richards en Jasmin van Rooyen; Grade 8 en 9 onvoorbereide – Susan Gregory, Lianca Landman, Tarien Kirsten en Anzel Warmenhoven; Grade 10 tot 12 voorbereid – Dee-Mari Kriel, Anrie Janse van Rensburg, Daniélle Bosman en Dirk Grobler; Grade 10 tot 12 onvoorbereid – Christinet Zaal (tweede gelykop was Dominique Coetzee en Cayla Putter).
Filidi-atletiek:
Twee van ons atlete het aan die Filidi-byeenkoms gaan deelneem. Baie geluk aan Kyle du Plessis wat ‘n tweede plek in spiesgooi verwerf en Zendi Zondo wat derde plekke in al vier haar items (100-meter, 200m, 400m en 1 500m) gekry het.
VHS-aflosbyeenkoms:
Baie geluk aan Pionier wat as kampioene by die byeenkoms aangewys is. Graag wil ons die aflosatlete vir hulle positiewe bydrae en goeie veggees wat hul by die byeenkoms getoon het, bedank. Ons is baie trots op julle. Dankie ook aan elke ondersteuner, want sonder julle sou die atlete dit nie kon doen nie.
Piet Retief-atletiek:
Vroeg Saterdagoggend (8 Februarie) het ‘n bus vol atlete na Piet Retief vertrek om aan ‘n vriendskaplike byeenkoms te gaan deelneem. Baie geluk aan elke atleet se flinke deelname. Die atlete vaar baie goed en bring 52 medaljes huis toe: 21 goud, 11 silwer en 20 brons. Dit wil gedoen wees. Baie geluk aan Shanté Veldsman wat die gewigstootrekord, wat al vir 45 jaar staan, verbeter het. Sy word ook as die beste senior veldatleet aangewys. Pionier is super trots op jou!
Skyfskiet:
Baie geluk en dankie aan elke skut wat die afgelope naweek aan hulle eerste liga-kompetisie deelgeneem het.
Midmarmyl:
Baie geluk aan mej Anneke Gerber en Ethan Gubbels wat die afgelope naweek die midmarmyl suksesvol voltooi het. Welgedaan julle!

ALSO READ: Pionier se kreatiewe talent is sonder perke

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version