Local newsNews

LMS geniet dit om te lees

Dit gaan beslis 'n jaarlikse instelling word omdat almal dit geniet het en mekaar oor die grade beter leer ken het

Dis heerlik om buite die klaskamer lees te geniet.
Op 5 Februarie, het LMS wêreldhardopleesdag gevier.
Die dag was veral spesiaal omdat die Graad 7’s vir die Graad 1’s gelees het, en die Graad 6’e vir die Graad R’e.
Dit gaan beslis ‘n jaarlikse instelling word omdat almal dit geniet het en mekaar oor die grade beter leer ken het.
Dit was beslis ‘n besige week en daar het nog vele ander spoggebeurtenisse plaasgevind.
Nie net het LMS gehoor dat Ashley Campher vir die NKZN-tennisspan gekies is nie, maar ook dat Anje Erasmus ‘n nie-reisense reserwe vir hierdie span is.
Slegs een span, wat uit vier seuns en vier dogters bestaan, is gekies.
Dié span neem aan ‘n toernooi die naweek van 28 Februarie tot 1 Maart in Durban, Westridge Park, deel.
“Welgedaan, Ashley! LMS is baie trots op jou!”
Op 7 Februarie is die grondslagfase-leerders deur Lollos besoek.
Hierdie maatjies het heerlik saam met Lollos gespeel, gesing en gedans.
Lollos, ons het gedink jy is superoulik!
Op 8 Februarie het LMS ‘n ATKV-beoordelaarskursus aangebied.
‘n Groot woord van dank en waardering aan Mnr Bennie Botha wat die kursus vir die skool aangebied het.
Nou kan meer personeellede en Graad 12-leerders in NKZN as beoordelaars by ATKV-redenaarskompetisies optree.
Saterdag is die eerste skyfskiet-ligakompetisie by Hoërskool Pionier aangebied.
Sewe van LMS se skuts het deelgeneem: Zander Steenkamp (tweede in onder-14-veerklas), Rickerd Craig (vierde in o-14-veerklas), Abigail Simon (nog net in Graad 4: negende in o-14-veerklas), Malan Joubert (12de in o-14-veerklas), Lodewyk van Rooyen (vierde in o-14-sporterklas) en André Stander (sewende in o-14-sporterklas).
Michal Richter was ons eerste skut wat aan die pistoolkompetisie deelgeneem het.
Wat hierdie prestasies uitsonderlik maak, is die feit dat die skuts nog in die laerskool is en teen hoërskoolleerders deelneem.
“LMS is trots op ons uitstekende skuts. Baie dankie aan die afrigter, mnr Deon Vermaak, wat bereid is om tyd is sy besige program af te staan om ons skuts so mooi te leer. Ons waardeer dit opreg.”

ALSO READ: Lucas Meyer Primêre Skool; LMS vier 86 jaar van werk en groei

Mnr Bennie Botha (aanbieder), Mev A Vermaak (organiseerder) en Mnr P.J. Aucamp (Skoolhoof).

 

LMS leerlinge lees vir die jonger kinders.

 

LMS se skyfskietspan neem deel aan die eerste skyfskiet-ligakompetisie.

 

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button