Local newsNews

Helpende Hand versprei die goeie nuus vir 2020

Die organisasie glo dat wanneer jy vir iemand 'n wapen gee om mee te veg, sal hy natuurlik makliker die oorlog wen

Vanjaar vier Solidariteit Helpende Hand Mpumalanga en KwaZulu-Natal Noord-streek ‘n reuse sukses.
Die organisasie glo dat wanneer jy vir iemand ‘n wapen gee om mee te veg, sal hy natuurlik makliker die oorlog wen.
Met Helpende Hand se rentevrye studielenings bied hulle vir toekomstige dokters, verpleegsters, onderwysers en meer, die geleentheid om hul studiedrome ‘n realiteit te maak.
“Ons het vanjaar ‘n totaal van 108 aansoeke vir studielenings ontvang. Ons kon lenings aan 61 studente toeken. Vanuit Mpumalanga het ons 81 aansoeke ontvang en 27 vanuit KZN Noord. Ons het ook twee studielenings vanuit die Cappuccino’s-tak in Gauteng toegeken.”
Volgens Helpende Hand, die takke vanuit Mpumalanga en KZN Noord het R464 700 aangebied vir 24 studente uit hul takfondse.
Uit die streekfonds van hierdie streke is ‘n totaal van R1 039 000 vir 38 studente aangebied en die totale toekenning staan dus op ‘n asemrowende R1 503 700, die hoogste ooit in hierdie streek.
Die takke wat studielenings toegeken het vanuit takfondse is Barberton (R22 300), Bethal (R45 000), Cappuccino’s (R60 000), Middelburg (R45 400), Onderberg – wat bestaan uit Komatipoort en Malelane – (R5 000), Witbank (R90 000), Burgersfort (R19 000), Pongola (R46 500), Vryheid (R21 500) en Newcastle (R110 000).
Die streektoekenning het gegaan aan dorpe wat nie bestaande takke of genoegsame studieleningfondse het nie.
Die lenings het gegaan aan studente van Lydenburg, Piet Retief, Secunda, Standerton, Cullinan, Bronkhorstspruit, Rayton, Volksrust, Marloth Park, Morgenzon, Ermelo, Empangeni, Dundee, Richardsbaai, Vryheid, Nelspruit, Witrivier, Witbank, Bethal en Sabie.
Die sukses van hierdie toekennings kan toegeskryf word aan die opofferings van die takke, want sonder die vrywilliger wat hulp en tyd aanbied en ook projekte loods, kan Helpende Hand nie doen wat hul doen nie.
“Groot is ons dankbaarheid teenoor Mpumalanga se Ons Winkels wat regoor die streek die gemeenskap dien. Die Streekshulp is te danke aan die gemeenskap wat bydra tot hierdie reuse sukses.”
Winkels is in die volgende areas geleë:
Bethal: Invictus Gebou, 22 Vuyisile Mini Street – Jorrie Jordaan. Bronkhorstspruit: Lanhamstraat 44 – Petrus van Loggerenberg.
Middelburg: Walter Sisulustraat 23A – Juanita Venter. Nelspruit: Canary Walk Mall, 6 Besterstraat Noord – Marlene van der Walt.
Witbank: Winkel 18, Jeanettestraat – Helene Schoeman.
Witrivier: Winkel 8, Down Town Centre – Cindie van der Walt.
Kontak Annemarie van Heerden gerus per epos by annemarie@helpendehand.co.za indien u wil inskakel of betrokke raak by ‘n tak in Mpumalanga of KZN Noord-streek.

ALSO READ: Helpende Hand and AfriForum establish community centre in Vryheid

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button