Pionier sê totsiens, dankie en voorspoed

Graag wil Pionier elke leerling, ouers en personeel bedank vir julle heelhartige ondersteuning, liefde en omgee deur die jaar.

So kom nog ‘n besige skooljaar ten einde.
As ons terug kyk na 2019, was dit ‘n jaar van goeie prestasies, doelwitte wat bereik is, lag, vreugde, maar tog ook hartseer en soms teleurstellings.
Graag wil Pionier elke leerling, ouers en personeel bedank vir julle heelhartige ondersteuning, liefde en omgee deur die jaar. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om elke besigheid wat Pionier ondersteun het, uit die diepte van ons hart te bedank. “U bydraes gaan nie ongesiens verby nie. Ons waardeer u goedhartigheid teenoor ons skool.”
Grondwoorde-kompetisie: Hartlik geluk aan Tiana Maritz wat met haar trio-gedigte die junior afdeling gewen het. Haar gedig oor Gandhi verdien spesiale vermelding waarvoor sy nog ‘n eerste plek verwerf het.
Pionier sal haar gedigte in die nuwe jaar in die koerant plaas, en is voorwaar trots op hierdie jong digter van formaat!
Kersfees wense: Mag elkeen ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2020 beleef. Geniet die spesiale tyd saam met vriende en familie en mag God se warm liefde elke gesin omvou.
“Tot ons mekaar weer in 2020 sien…”
Rapporte: Rapporte sal op 4 Desember vanaf 10vm tot 12nm by die losie beskikbaar wees. Gebruik asseblief die hek by die sportgronde.

ALSO READ: Pionier groet ‘n legende

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version