Local newsNews

Vryheid koester ‘n nuwe, talentvolle skrywer

Haar liefde vir skryf kom al van kindsbeen af, en die skryf-liefde het gegroei van daagliks dagboek hou tot haar onlangse blog.

“I overdosed… It made my heart stop, took away my breath… Destroyed me… The hurricane ripped my soul to pieces… And I lost myself… I was too weak to pull myself out of the quicksand. I was sinking… Darkness suffocating me into nothingness…
“You took your drug and split. ‘Cold turkey’ leaving me with emptiness… A ship hitting an iceberg with no captain and lifeboats…” (extracted from Broken Wings, the Journey)
Yolanda Eggar se nuwe boek, Broken Wings, the Journey, is onlangs vrygestel deur Mar-Leo Publiseerders.
Yolanda is oorspronklik van Newcastle en het haar voete in Vryheid-grond kom plant in 2013.
Haar liefde vir skryf kom al van kindsbeen af, en die skryf-liefde het gegroei van daagliks dagboek hou tot haar onlangse blog.
Dis op ‘Klokkies-innie-wind’ waar die uitgewers van haar skryfwerk te siene gekry het.
Mar-Leo Publiseerders het haar gedurende Augustus genader, en op November 7 ontvang Yolanda haar eerste besending gedrukte boeke.
Op die bladsye van Broken Wings, stort sy haar ervaringe van twee mislukte huwelike uit.
Yolanda beskryf in digvorm van haar innerlike worsteling met fisiese mishandeling en emosionele/verbale mishandeling.
“Ek het my siel in my lyf teruggeskryf,” beskryf sy die skryfproses.
Die boek is ‘n stem vir elke vrou wie in die ontkenningsfase tot die helingsproses van ‘n mishandelde verhouding is.
Sy wil alle vroue inspireer om uit te roep ‘ek het seer, help my net’.
Yolanda het ‘n emosionele laagtepunt bereik, voordat die tydperk van heling aangebreek het, en sy moes veg om weer haar eie stem te hoor.
En dis dan nou ook gedurende hierdie proses waartydens Broken Wings gebore is.
Die boek is gedeeltelik in Engels en Afrikaans geskryf, en lesers sal aanklank vind by die gemaklike en verstaanbare skryfstyl.
Yolanda dra die boek op aan haar twee seuns, Marno en Michael, en kan mens uitsien na ‘n tweede boek, Pebbles and Peanut Butter, vroeg in die nuwe jaar.

ALSO READ: Paulpietersburg spog met hul plattelandse sterre

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button