Local newsNews

Vryheid vroue maak hul harte oop vir boervroue

Landswyd het van die dorpe se vroue begin bokse opvul

“‘n Vrou wat kan glimlag gedurende haar swaar tye, weet in haar hart dat sy enige iets kan deurstaan.”
Die land gaan gebuk onder een van die ergste droogtes in 100 jaar, en daarom het twee vroue van Wellington ‘n projek geloots om die boervroue van die land, wat saam met hul mans gebroke staan onder die droogte, ‘n boks van hoop te gee.
Landswyd het van die dorpe se vroue begin bokse opvul met allerlei lekkernye, badbederfies asook basiese noodsaaklikhede. Die vroue van Vryheid is geen uitsondering nie en op 28 Oktober kon Wyksraadslid, Alta de Kock en Peggy Beetge van Caring Angels reeds die derde vrag Boks vir ‘n Boervrou pakkies gratis deur middel van Aramex versend. Alta verwittig die Herald dat hierdie projek sal voortgaan tot die einde van die jaar om sodoende pakkies vir Kersfees bymekaar te maak, asook Kers-pakkies vir kinders in die droogtegeteisterde gebiede.

ALSO READ: Another (eco)brick in the wall for WATCH

Die Boks vir ‘n Boervrou projek is geloots deur twee vroue van Wellington.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

 

 

Related Articles

Back to top button