Local newsNews

Motorneuronsiekte-lyer kan nogsteeds glimlag

Gert Saayman glimlag nog breed, afgesien van die feit dat hy permanent gekoppel is aan 'n ventilator.

Die lug is swanger met die reuk van ontsmettingsmiddels.
Gert Saayman, ‘n motorneuronsiekte-lyer mag nie aan kieme blootgestel word nie. Hy is tans op ‘n ventilator nadat hy in April 2018 met hierdie ongenaakbare siekte gediagnoseer is, maar dit hou Gert nie terug nie. Gert se positiewe uitkyk op die lewe het ook nie verander nie.
Hy het sy aktiewe en sosiale lewe verruil vir ‘n aktiewe sin vir humor, en mens kan die skertsery en lewenslus steeds in sy oë sien, daar waar hy in sy hospitaalbed lê.
“Gert het die lewe gekies,” is die woorde van Magda Bodington, sy suster.
In Maart 2019 moes die Saayman-gesin noodgedwonge die besluit neem om Gert op ‘n ventilator te koppel nadat Gert op Maart 14 ophou asemhaal het.
‘n Ambulans het hom deurgejaag Newcastle Mediclinic toe, waartydens hy gedurende die rit drie keer ophou asemhaal het. “Dis nie altyd maklik nie,” sê sy liefdevolle eggenoot van 27 jaar, Salomé Saayman. Gert is nog helder van verstand, en die frustrasie van afhanklik wees van ander, en masjiene veroorsaak dat hy nie altyd ‘n goeie en positiewe dag het nie.
“Hy raak eensaam, mense kom kuier al hoe minder vir hom,” brei Salomé uit.

Lees die artikel verder in die koerant (18 Oktober 2019)

ALSO READ: Vryheid man crippled by the disease that killed SA rugby captain, Joost van der Westhuizen

 

 

Gert en sy versorger, Busi.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button