InternationalNewsSchoolsSport

Springbokke en boeke, denims en diamante by LMS

Die gr.7-ouerkomitee het vir ‘n feesgeleentheid vir die gr.7-afskeid gesorg. Ons gr.7’s het in hulle denims en diamante gespog en die aand terdeë geniet. Die gr.2’s het met die uitmuntende fondsinsamelingsidee van ‘n Bok-Vrydag vir ‘n heerlike Springbokdag gesorg. Die leerders kon selfs Springbokkoekies koop! Die Springbokke het beslis hulle wedstryd teen Italië gewen omdat …

Die gr.7-ouerkomitee het vir ‘n feesgeleentheid vir die gr.7-afskeid gesorg. Ons gr.7’s het in hulle denims en diamante gespog en die aand terdeë geniet.

Die gr.2’s het met die uitmuntende fondsinsamelingsidee van ‘n Bok-Vrydag vir ‘n heerlike Springbokdag gesorg. Die leerders kon selfs Springbokkoekies koop! Die Springbokke het beslis hulle wedstryd teen Italië gewen omdat LMS hulle passievol ondersteun het.

Mev. Janeen Hoffman het die kwartaallikse Mediamarkdag aangebied. Leerders en onderwysers kon hul gunsteling skrywers se boeke spotgoedkoop by die verteenwoordigers van Diskonto-boeke aankoop. LMS is mos geesdriftige lesers!

LMS is baie trots op Minke Mentz, wat weer daarin geslaag het om haar Springbok-kleure in ringbal te verwerf. Minke, jy is LMS se ringbalster!

Dinsdagaand (8/10) het die mediasentrum ‘n Spur-aand om so ook fondse vir die media in te samel. Ouers en leerders is verlede week aangemoedig om Dinsdagaand by die Spur te gaan eet. Donderdag (10/10) het die gr.RR’e en R’e hul jaarlikse gradeplegtigheid. Die koor ry Vrydagoggend (11/10) na Gold Reef City om aan Sing-in-Harmonie deel te neem – ons beste wense vergesel mev. Carin Lombard en die koor.
Ons herinner u aan die MooPoo-kompetisie op 1 November 2019. Koop so gou as moontlik ‘n kaartjie of meer by ‘n LMS-leerder om moontlik die wenner van ‘n baie groot kontantprys te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button