NewsSchools

Pionier -Gholfdag ‘n meesterlike sukses

Gholf: Pionier se jaarlikse gholfnaweek, Vrydag 6 en Saterdag 7 September, was vanjaar bekend as “Stucky Motors-Pionier-Meesters”. Net soos die Amerikaanse Meesters is daar Vrydag ‘n “par 3”-toernooi aangebied waaraan 62 spelers deelgeneem het. Groot lof is van die spelers vir die uitleg van die baan en die formaat van die toernooi ontvang. Vrydagaand is …

Gholf: Pionier se jaarlikse gholfnaweek, Vrydag 6 en Saterdag 7 September, was vanjaar bekend as “Stucky Motors-Pionier-Meesters”. Net soos die Amerikaanse Meesters is daar Vrydag ‘n “par 3”-toernooi aangebied waaraan 62 spelers deelgeneem het. Groot lof is van die spelers vir die uitleg van die baan en die formaat van die toernooi ontvang. Vrydagaand is al die borge op gasvrye wyse by die gholfbaan trakteer om hulle te bedank vir die ruimhartige bydraes en gesindheid teenoor Pionier. Saterdag is die Meesters-toernooi voortgesit met ‘n 4-bal-misterieuse-telling-formaat. Hierdie unieke manier van telling hou het bygedra tot die pret en sukses van die dag. ‘n Rekord vir Vryheid Gholfklub van 132 spelers het deelgeneem. Baie geluk aan al die wenners! Ons vertrou julle sal beslis volgende jaar terug wees vir nog ‘n Pionier Meesters-toernooi! Ons bedank graag Vryheid Gholfklub vir die gebruik van hulle puik fasiliteite. Weer eens dankie aan elke besigheid en individu vir julle ongelooflike bydraes, gesindheid en ondersteuning wat hierdie dag so voortreflik gemaak het.
Tennis: Chezaan van Rensburg en Susan Gregory is deur na die NKZN-proewe wat oor die naweek van 14 September sal plaasvind. Baie sterkte!
Krieket: 0/15’s vs Sarel Cilliers. Sarel Cilliers kolf eerste en teken 100 lopies aan, almal uit in 19.3 kolfbeurte. Beste bouler: Reynier van Rensburg met 3-34 in 4 beurte. Pionier kry 101-6 in 18.2 beurte. Beste kolwer: Altus Fourie 32(34). Pionier wen dus die wedstryd met 4 paaltjies. Baie geluk aan Andrea Sander wat ook verlede week verneem het dat sy in die KZN-Inlands krieketspan ingesluit is.
Bergfiets: Talle seuns het aan die 4de Spur MTB-bergfietswedren te Pietermaritzburg deelgeneem. Welgedaan aan: Wynand Clack(4de), Dirk Grobler(8ste), Arno Stokes(10de), Franco Carstens(17de), Hanno Carstens(20ste), Albert Lombard(22ste) en Werner Jv Rensburg(24ste).
Matriekafskeid: Donderdag 19 September.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button